silhouette of woman standing on grass field during sunset
Photo by Johannes Plenio on Pexels.com

In die lig van die ondergaande son, staan ek stil in die skoonheid van Hom

Kleure kunstig saam geweef, wat ons nooi om voluit te leef.

Dit wat gister was is verby, daar is baie om ons in te verbly.

More is ‘n nuwe dag, en ek kies om hardop te lag.

Elke dag ‘n nuwe kans, om vir Hom ‘n loflied te dans.

Die wat op die Here wag kry nuwe krag

Wat gaan jy kies? Wil jy vergewe of bly jy vies?

More is dalk vir ewig te laat,

Wat het dit jou dan gebaat?

Sien jy nie die wonderwerk raak?

Van die son wat aan die bergtoppe raak?

Of die blom in die veld, die wind in die gras?

Sien jy hoe alles bymekaar pas?

Kyk weg van jouself, begin bietjie dieper te delf.

Iemand het jou nodig, toe – gaan doen iets vir ons Koning!!