Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur verskillende bloggers. Om die eerste 7 hoofstukke te lees, klik op die InLinkz skakel hieronder.

Om aan hierdie uitdaging deel te neem, lees die reëls by hierdie skakel.

InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls(2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22)

Renier is geweldig ontsteld. Nee, woedend! Die aar in sy nek klop sigbaar en almal wat hom ken weet om lig te loop as dit gebeur. Wie is hierdie vent wat sulke onsin praat en die rus en harmonie kom versteur in sy gemoed. Vir die eerste keer in jare het hy hoop gehad vir homself, sy sus Marli en die liewe klein Jakkie. Met die meisiekind hier voel hy weer lus vir die lewe, kan Marli weer gaan werk en het Jakkie die liefdevolle versorging wat hy nodig het. Jakkie is so lief vir haar, hy straal vandat sy hier is. Vir lank wou Jakkie nie met mense kommunikeer nie maar met Sunè was dit anders. Hy het sigbaar verander en soos ‘n kosbare roosknop begin oop gaan. Kan dit die Nellie wees wat hierdie vent van praat? Sou sy regtig oor haar naam jok? Steek sy iets weg? Hy blaai vinnig deur sy geheue en herroep alles wat hy van haar kan onthou vandat hy haar ontmoet het. Hy het normaalweg ‘n goeie onderskeiding van karakter, maar is dit moontlik dat Suné of Nellie se mooi oë hom van stryk gebring het? Het sy polisie opleiding en ondervinding hom in die steek gelaat? Hy stap op en af van ergenis, stop en skud sy kop. Nee wag, daar is net een manier om al hierdie tergende vrae te beantwoord. Hy sal haar gaan konfronteer en reguit vra. Hy gee twee treë en besef dan die vent is nog daar en hou hom dop. Hy steek vas, sy drang om haar te beskerm staan soos ‘n kwaai beer in hom op. Kan hy die vent vertrou? Vlug sy van hom? Hy tree nader aan Chris wat op sy beurt versigtig ‘n tree agteruit tree. Renier lig sy hand om Chris aan sy strot beet te kry maar word in sy spoor gestuit deur Marli wat al gillend na hom toe aan gehardloop kom. “Renier! Renieeeerrrr!”

Sy hart mis ‘n slag en hy kom vinnig in beweging na haar kant toe. “Sy is weg, sy is weg!”

“Wie is weg?” , vra hy amper onnodig en probeer sy gedagtes orden. Hy soek soek in Marli se bekommerde gesig. “Suné is weg, haar sak ook!”

Dit voel of iemand Renier ‘n tweede hamerslag op sy kop toedien. Vlugtig kyk hy na Chris en sien sy smalende uitdrukking. “Wat weet jy hiervan?” Vra hy dreigend en tree weer nader aan Chris. Chris lig sy hande in ‘n verdedeginde gebaar voor hom en rittereer. “Niks, ek sweer, niks!!! Ek soek haar self”, sê hy benoud en kyk om hom vir ‘n vlug roete. “Bly net hier!”, gebied Renier, en dan blaf hy instruksies uit na Marli. Kry sy naam, adres en telefoon nommer en help hom hier weg!”

Dan storm hy die huis binne, trap die arme kat se stert raak, vloek onderlangs en haas hom na Suné se kamer. In die deur steek hy vas. Die kamer is netjies, nie ‘n ding uit plek nie. Haar sagte vroulike reuk hang nog in die kamer en dit laat sy hart ‘n slag mis. Wisselende emosies storm deur sy lyf. Kwaad, onsekerheid en kommer stoei vir eerste plek. Dan sien hy die toegevoude nota, raap dit op en laat sy oë vinnig oor die min woorde vlieg. “Ek is jammer. Dankie vir alles” staan in haar netjiese handskrif geskryf. Renier laat sak die nota. Hy is verslae. ” Here, wat nou?”, vra hy aan die Een wat alles weet.

Asof ‘n antwoord op sy gebed, kom Jakkie vinnig by die deur in gewarrel met Marli kort op sy hakke. Sy oë is groot en vol trane, hy beduie wild met sy hande. “Stadig, stadig grootman, jy is te vinnig vir my”. Marli gaan sit op haar hurke by Jakkie en sit haar hande bemoedigend op sy skouers. Hy beduie weer en saam volg Renier en Marli ; “hoekom Suné saam oom Danie ry? Sy nie lief my?” , beduie hy en begin weer huil. Marli en Renier praat gelyk ” moenie huil nie mamma se groot seun. Ons weet nie hoekom nie maar ons weet sy is baie lief vir jou” sê Marli terwyl haar oë vraend na Renier draai. Renier vryf oor sy hare en vra ” Het Suné saam met oom Danie gery? Is jy seker dis oom Danie?” Jakkie knik sy kop vinnig en Renier gryp na sy foon terwyl hy by die deur uit storm. ” moenie verder huil nie grootman, oom Renier sal alles uit sorteer” troos Marli.

Dis ‘n paar ure later wat ‘n gefrustreerde Renier by die voordeur in strompel. Jakkie vlieg op en hardloop hom tegemoet. Renier en Marli se oë ontmoet. Hy skud sy kop.

” Haar spoor loop dood by die lughawe. Sekuriteits kameras wys waar sy met sekuriteid praat. Ons het hom ondervra. Sy het navrae gedoen oor ‘n privaat vlug en dit is die laaste wat ons kan uitvind. Drie privaat vlugte het na verskillende bestemmings vertrek op dieselfde tyd. Haar naam verskyn op geen van die registers nie” sê hy moeisaam. Sy skouers hang. Jakkie pluk pluk aan sy baadjie. ” Waar Suné, waar?” Renier sak op sy hurke terwyl sy oë Marli stil stil vra vir hulp. “Ek weet nie grootman, ek weet nie. Maar ons gaan nie ophou soek nie”

***

Sy maak haar oë stadig oop. Alles pyn. Dis donker om haar en sy sukkel om te fokus. Sy kreun en vat vat na haar kop. Daar is ‘n verband om. Dan sien sy haar linker arm is gespalk en voel ‘n brandpyn oor haar ribbes. Sy lig haar kop om te probeer sien waar sy is. Dit lyk soos ‘n houthut tussen die woude reg uit ‘n avontuur fliek. Sy lig haar kop hoër op. Vlymskerp pyn steek deur haar lyf en sy snak na haar asem.

“Stadig vroumens”, sê ‘n kwaai mans stem. Sy kyk verskrik in die rigting van die stem en sien ‘n man met diep frons langs haar bed sit. Sy probeer regop kom en weer sê die man ” stadig vroumens” en druk haar sag dog ferm terug.

“Waar is ek, wat maak ek hier?”, rammel sy verskrik af.

“Eerste dinge eerste” antwoord die kwaai man en volg met; “Wat is jou naam en wat het met jou gebeur voor jy sommer so bebloed voor my bakkie ingeloop het?”

Sy soek in haar gedagtes vir ‘n antwoord maar daar is niks.Heeltemal niks…

Keuse: het sy geheueverlies of maak sy of sy nie kan onthou nie?