A and I Poetry Challenge-

Augustus Tema: Skryf ‘n hart gedig

Dit kan ‘n gedig wees met reëls wat in die vorm van ‘n hart geskryf is, of ‘n gedig oor liefde, die kern van ‘n probleem, oor mense wat hul harte op hul moue dra, of iemand wat harte in kompetisies uitstort.

Van altyd af

Gebore om na liefde te soek

Van kleins af styf styf toegedraai in ‘n doek.

Telkemale die liefde probeer,

Geval…af gestof… op gestaan….weer probeer!

Waarom maak liefde dan so seer?

Sal ek ooit my liefdes lesse leer?

Toe ontdek ek liefde begin by self,

Daarvoor moes ek baie dieper delf!

Eers is dit vergifnis, doen weg met self verwyt

Laat dit gaan, waaroor is jy spyt?

Met myself moes ek vrede maak,

Dit was ‘n allemintige taak!

Daarna kom in strome, die liefde van my Heer..

Niks kon dit stuit niks kon dit keer!

Liefde vat weg die seer, maak mens weer heel

En raai, dit vermenigvuldig hoe meer jy dit deel….
Die aanbieders van die uitdaging is Blogger en skrywer uit Nieu-Seeland,Inekevanscrapydo2.wordpress.comen Blogger, Amanda in Australië van Iets om oor te dink, en is in Engels en in Afrikaans, in die WordPress-gemeenskape