Laas naweek word hy in hospitaal opgeneem. Ek sit skanse om my hart, leen ‘n kar en gaan doen besoek. Absurd.

Asof van vêr staan ek en bekyk die toneel. Als is nie reg nie, hy lyk siek maar nie dodelik nie. Absurd, maar dit voel asof daar ‘n stopteken voor my hart op wag staan. Ek gaan deur al die regte motions, kry reg om versigtig vriendelik te help met spasmas uit blad vryf en room aan die voete.

Toe ek room wil bêre, sien ek iets wat ek liefs nie wou nie. My hart en kop gryp mekaar in eenheid vas en maak ‘n meesterlike u- draai. Absurd, maar ek knip nie ‘n oog. Sê niks van wat ek sien en lank reeds weet.

Absurd, ek voel amper of dit nie wéér met my gebeur nie. Na besoek tyd klim ek in die geleende kar en ry terug. Ek sê nee vir elke gedagte wat wil kom nes skrop.

Tuis werp ek myself in die Woord en ook my werk. Ek sny my los, stukkie vir stukkie. Fokus, voel nog ‘n velletjie vreugde terug skuif in plek. Ek skryf met genot en oorweeg selfs weer om die kwas op te neem. Elke dag nog ‘n bietjie beter.

Toe die foon lui en ek sien dis sy dogter, weet ek iets is aan die broei. Kan ek asb dringend kom en bly vir die naweek, dit gaan nie goed. Hulle kom my haal. Ek sit my dapper kepsie op, pak my tas en hou aan bid. Absurd? Nee.

God het hom gemaak en Hy het hom lief. Ek ook maar ek het my los gemaak. Bewaar my gedagtes en so ook my hart. Red hom, maak hom vry.

Ek kan nie, neeeee KAN NIE, weer onder hierdie las inskuif nie. Maar ek kan barmhartige samiritaan wees vir Sy seun.

Advertisements