Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.

Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.

Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Die Brits kuier

Dit was ‘n bus met taamlike lawaaierige gaste wat in ons plaaspad aangeskommel gekom het. Ek kan nie besluit of dit vanwee die opwinding by Una in Harties was en of daar iewers (weer) alkohol of Scrapy se energie drankie betrokke was nie.

Die opwindende en soms waaghaalsige gebeure sal elkeen lank by bly. Dit was giggels en gelyk praat dat hoor en sien vergaan. Raak dit vir ‘n wyle stil, word dit na ‘n rukkie onderbreek met ‘n geproes wat groei in ‘n volskaalse lagbui dat trane loop. Hoe verder dit gaan hoe meer lag saam en “het jy gesien toe……” of “onthou jy daai….” en dan brul die lagbuie deur die bus. Ekself moes trane weg vee en dit terwyl ek bestuur! My wange pyn van al die gelag. Arme Lekkervurig het al haar dae gehad om te probeer lees daar doer agter in die bus, oorplugs de lot! Verder het ek probeer konsentreer oor die kuier wat op pad was na my toe. Ek kon skaars myself beteuel! As Hester my nie uitdruklik gewaarsku het dat sy my dophou nie, sou ek uit pure senuwees dalk ‘n ou troos dingetjie geneem het. Maar elke keer as ek haar oog vang lig sy haar wenkbrou so op vir my dat ek opslag daarteen besluit. Dalk was dit die nadraai van al Una se “eetendrinkgoed” waarmee Woordnoot en ek aangehelp is, wat nou my so op hol het.

Na al die manewales op die boot en orals in Harties, was dit duidelik ons sal die Paparazzi moet probeer afskud en het ‘n paar van die dames gesmeek vir ‘n “uit die sig” kuier.

Ongelukkig ken ek glad nie die omgewing nie en alhoewel ek mal is oor kamp en natuur en nuwe plekke ontdek, het ek nie die resources om dit te kan doen nie. Aldus instede van almal huisves en entertain met “buite plekke” het ek besluit om dit hier op die plaas te hou waar ek bly. Wat ook bygedra het tot my besluit was die feit dat die meerderheid towerinne van die buitelig hou en te kenne gegee het hulle sien uit na ‘n plaas kuier. Gelukkig het een van ons Towerinne vir Broodina gesien en kon ek betyds Komando sektor 50 in kennis stel om haar voor te keer en begelei na ander gebied. Hy het ook orals verspieders versteek om ongewensde paparazi in hulle spoor te stuit.Hopelik sal ons paparazzi vry kan kuier en sal selfs Kameel kan ontspan en meedoen…

My persoonlike vriende van die Oxwagen in Harties, het met groot opwinding meegemaak aan die gereed maak van die groot kuier. Ons het met groot sorg van hulle waens aangery en op Shalom Plaas kom staan maak. Vir die een of twee wat privaatheid verkies, het ek aparte “kamers” gehad. Una en Woordnoot het so ‘n kamer gedeel maar nuuskierig uitgesluip om saam met ons ander te kom kuier…

Maar vir die wat lus was vir saam kuier het ek iets anders beplan….

Waaroor ek wel onseker was, was die ablusie geriewe. Ook vir dit het ek verskillende opsies gereed gehad. Ek is blogland se nuweling en hoop op ‘n lang en gelukkige bloglewe in hierdie groep. So dit was belangrik dat hulle nie afgeskrik raak met my lewe en relings nie. Hulle moes darem van my hou…

Uit die kuier by Una het ek besef daar is die avontuurlustiges maar ook die meer besadiges. Dus moes ek wyd dink en planne maak. Soos dit maar gewoonlik op sulke toere werk, is dit vroue se eerste versoek by aankoms, die toilet. Ek het besef almal sal nie geneë wees met hierdie plaas se gewone ou longdrop nie. ….

Daarom het ek maar ‘n tweede opsie beskikbaar gemaak, dis buiten die toilette in die plaas huise en my klein woonstelletjie. Toortsie het een kyk, gril en gil verder besluit om liefs die huise se geriewe te gebruik. Gelukkig het ek geweet Toortsie hou van hoenders, eiers en gesonde kos en toe sy aan hierdie voorliefdes van haar kon uiting gee, het sy my vergewe en lekker saam gekuier. Ek het haar welliswaar betrap hoe sy met afsku na die longdrop kyk en kop skudtend ril. Hopelik kom sy weldra oor haar skok en word weer lief vir my. Of Sin-tester Hester my daarvoor gaan vergewe weet ek nie, maar die longdrop het darem ‘n deur gehad en dan was daar nog die huise se toilette. Ten minste het almal die uitsig bewonder…

Nadat almal afgepak en baie luid die uuuhm, geriewe gebruik het, wou almal opslag eers Pasela gaan ontmoet. Pasela was so bly om my te sien maar het skoon verbouereed geraak toe meer en meer gesiggies om die hoek kom. Sy het kort kort net ” sjoe!” gesê. Sy het ook vreeslik mooi gevra ; “Pasela bietjie koffie hê”, maar met die Frangelica so naby het ek daarteen besluit.

Daarna was dit tyd vir ligte versnaperinge. Marinda my baas is baie ingesteld op organies eet. Ons het die laaste paar weke onsself vergewis van edible weads en het heerlike slaaie, koue vleise en smoothies gereed gehad. Ek vermoed Positief het die smoothies gedokter met frangelico… alles was skielik giggel snaaks en almal was skielik vol bravade vir die kaskenades wat ek gereel het vir die middag.

Soos die kraai vlieg, oorkant ons is Wagpos Hoërskool (‘n Plaas skool) en ek het gereel dat ons daar ‘n draaitjie maak en deel te wees van hulle kaskenades. Die skool was gaande oor die towerinne wat teen die onderwysers te staan gekom het. Behalwe vir bokdrolletjie spoeg, het ons die meeste items gewen. Scrapy sou eerste aan bokdrolletjie spoeg deelneem maar sluk toe per ongeluk dit in en met al haar geproes en spoeg wou niemand dit verder waag nie. Seegogga en VirgoC het die driebeen resies lag lag gewen terwyl Tannie Frannie en Trommeltjies die eiergooi kompetisie gewen het. Daar was water kaskenades, boeresports, teveel om op te noem. VirgoC en Una het ons gewys watse los litte hulle het toe hulle met die lemoen in ‘n sykous wat van die middel af hang, ‘n tweede lemoen moes aanhelp wenstreep toe. Die moves wat daar uitgehaal was, was histeries snaaks. Ons het lekker gelag en moes net lafenis aandra toe hulle moeg gelag by die wenstreep omval. Tannie Frannie het my bietjie bekomerd gehad toe sy agter op ‘n Harley saam met ‘n “silwer fox” geklim het en weg gery het. Ek was effe verlig toe ek die towerinne se 2 beskerm engele, Lewies en Baron, agter haar sien inval, op ‘n afstand natuurlik. Sy het darem na ‘n rukkie weer terug gekom met die breedste glimlag ever. Sy wyer natuurlik om te verklap waar en wat…….Dit was ‘n moeë span wat terug plaas toe vir ‘n laat aand vleisie oor die kole met nostalgiese saam sing musiek wat al die towerinne in kariokie sterre laat ontpop het. Toortsie en haar ghitaar is met versoeke oorval. Ek wil nie eers weet hoe seer haar vingers is van al die gespelery nie. Ek het tot laat in die vroeë oggend ure gelê en luister na fluisterstemme wat omsit in gedempde skaterlag en weer gefluister. En gewonder hoe ons betyds gaan opkom vir more oggend se vroeë sessie. Iewers in die nag het Perdebytjie vir Scrapy en Kameel skrikgemaak toe die twee in die donker afsit toilet toe met ‘n flitslig. Dit was so ‘n gegil en ‘n babelse lawaai dat ek amper van die bed af geval het. Die sekuriteid wag het die spul kopskuttend dopgehou en na die hoeveelste “onnodige gil” besluit om op ‘n ander punt te gaan wag staan. Vir die lawaaierige spul sou geen boef kans sien nie…

Die volgende dag het ek iets spesiaals in gedagte gehad. Ek het vir ons plek bespreek by Sunrise Balloon Safarie

Die vlug begin by Skeerpoort in die Magalies River Valley, in die Wereld “Heritage Cradle of Humankind”, ‘n area oortrek met natuurskoon en die beste lugballon vlugte in die wereld! Die pragtige Clubhouse Pavilion en Restaurant staan slag gereed om ons te ontvang en te help gereed maak voor die rit. Daarna is ons versigtig in die grootste en nuutste ballon mandjie ingehelp, gerus gestel en was ons senuwees ten spyt, vinnig aan die “oeeeee en aaaaa” oor die asemrowende gesig. Die Magaliesberge was majestieus in sy skoonheid en die wild het hulself pronkerig vertoon om ons rit meer spesiaal te maak. Perdebytjie het amper uit die mandjie geval soos sy net aanhou fotos neem het, ek kan nie wag om te sien wat alles.

Na die rit is ons getrakteer op ‘n heerlike ete en shampanje wat ingesluit was by die rit. Elkeen het ‘n sertifikaat gekry met haar naam op as aandenking.

Vandaar is ons terug Shalom plaas toe. Ek wou almal graag meer wys van op die plaas aangaan. Eers het ek hulle deur die plaas gevat en gewys waar ons “edible weads”- en -groente tuin was, hoenders en eier boerdery, koeie, dam en einde te laaste deur die Shofar fabriek. Ek het kortliks die proses van shofars maak gewys, van rou horing tot volwaardige shofar, reg vir verkoop. Dit was redelike aardige geluide wat daar uitgekom het soos almal probeer blaas het. Almal was aangenaam verras toe Trommeltjies dit eerste kon reg kry. Natuurlik het ons ore dit ontgeld op die bus, later,toe almal elkeen ‘n klein Impala shofar as geskenk gekry het. Lekkervurig het skoon vergeet dat sy wou lees en sommer kort kort laat waai met uitbundige blaas geluide.

Omdat ons volgende kuier in Pretoria was, het ek ‘n verrassing gereel in Pretoria. Ons het ‘n spesiale ongeskeduleerde privaat vertoning in die Pierneef teater bygewoon. Die towerinne was ‘n uitmuntende lewendige gehoor en het ‘n staande ovasie gelewer aan die einde van die tweeman vertoning. Die vertoning het bestaan uit kort uittreksels van verskeie gewilde optredes. Uit dankbaarheid het die immer gewilde Vertonika Flouser en Mimieke de Funny saam met ons ‘n glasie geklink voor ons opgewonde die bus bestyg het om te kyk waarheen Kameel ons neem….