Ek kry vanoggend vroeg hierdie boodskap:” Jy is duurbaar!”..

Onmiddelik sien ek die spelfout raak en glimlag. Ek het alewig ‘n styd met woorde soos waardeer en waardeur wat verkeerd gebruik word. Of jy moet koets (!), teenoor koes! Aiai…

Vroeg hierdie jaar kry ek die skrif “do not lean on your own understanding….” en begin ek ‘n pad stap met waar orals doen ek daai ding. En vorm ek dan ‘n opinie oor die persoon en wat hulle bedoel..siesa!

So toe ek die “spelfout” sien wou die voete van my understanding weer verkeerde pad hol. Nee, trek op daai handbriek sê ek vir self. Ek kyk weer na die woord en vra Slimste om my oë oop te maak… en Hy doen…

Dierbaar is een betekenis en almal ken dit. Maar duurbaar is totaal iets anders. Ek (en jy) is duur gekoop. Dit maak ons kosbaar en duurbaar…

Hoe maklik sien ons nie foute raak nie. Veral by onsself en heg dan waarde aan daardie gedagte.

Vandag kies ek om duurbaar te voel, te loop, te dink. Ek hoop jy voel vandag duurbaar….

Advertisements