Uit menige mense se mislukte liefdes verhoudings asook my eie, vra ek myself af, of mense-en ek, ooit weet wat liefde regtig is. Verstaan ons ooit wat dit regtig is? Is dit ‘n gevoel of emosie? Is dit ‘n besluit? Kan mens dit meet aan ‘n kriteria?
Ek weet daar is verskillende soorte liefde, daarvan kan almal getuig. Liefde vir iets heerlik soos die koek in hierdie foto hierbo, of koffie, soos in ‘n vorige blog, broederlike liefde, minnaar, vriende liefde, jou liefde vir kinders/familie/diere/God…
En soos wat ek meer en meer daaroor mymer, hoe meer besef ek in watter groot mate ek geseen is. Ek kyk terug op my lewe en weet ek is uitsonderlik geseen met die liefde.
Vandag wil ek effens uitbrei oor liefde vir mense wat jy nie ken nie. Jip, ek het nooit geweet dit is moontlik nie. Ek is regtig regtig geseend met goeie ordentlike, wonderlike vriende en veral in hierdie stadium van my lewe is elkeen van hulle goud werd. Elkeen bring iets uniek in my lewe en ek is diep dankbaar vir elkeen in my lewe. Die Wilmien, Therese, Una, Karien, Katy, Angeline, Riana, Lucia, Anette, Marinda’s in my lewe.
Dan het ek ‘n groep mense wat vrinne (let op die spelling) geword het nog voor ek hulle ontmoet het. Ek het soos ek meer oor en by elkeen gelees het gevoel hoe ek lief word vir hulle. En soms gewonder hoe is dit moontlik, om iemand lief te hê wat jy nie eintlik ken nie. Ek het myself gevra: “Is dit real?” Wel, Saterdag kon ek dit realness daarvan toets….
Ek het die voorreg gehad om 3 van my blogmaats te ontmoet!!! Woordnoot, Tannie Frannie en Positief!
Una, wat ek wel geken het en lankal lief gekry het, was ook daar. Ons het heerlik gekuier.
Dit was heerlik om die gesiggies agter die name te leer ken. Dit het my ook natuurlik lekker laat giggel as ek terug dink aan die kommentare en stories wat ek gelees het en om dit by die gesiggies te plaas. Veral Tannie Frannie en al haar manewales op die groen bus en Magriet versus Magrieta waar sy die arme kat laat vrek… (dis glad nie hoe sy is nie) Ek wens ek kan al die ander ook ontmoet!! Ek kon die “liefde” wat ek vir my blogmaats voel, toets en weet dis eg en dis reg….
Dit het my laat dink aan die gesegde wat ek lank terug gehoor het; “a stranger is just a friend you have not met”…En ek sien uit na al die liefdes wat ek nog gaan ontdek…
Wat Saterdag nog meer besonders gemaak het, was dat ek na die kuier saam met my nuwe vriende (new members soos Woordnoot dit stel), saam kon kuier met ‘n groepie van my “ou” vriende. Ek kon my liefde vir my mense, my vel-mense, raakvat mense, kon ek opslurp saam met die liefde vir my nuwe vrinne. Dit het my lyf kom vol sit, my mens spens kom vol maak. En dis dit wat my bybly terwyl ek ‘n nuwe week vol onbekendhede aanpak. Die liefde……
Stunning Bondels, net nie vir my se dit was ‘n foto van die famous, soon to be experienced koek wat jy my van vertel het nie? Hoe kan enige mens so iets weerstaan? Dis so waar wat jy hier se, ek sommer jaloers, wens ek was naby om te deel in mens. Verlang so extra as ek sulke kuier foto’s sien
LikeLiked by 2 people
Dit was die real koek!!
LikeLike
Dit was in baie opsigte meer as net ‘n ontmoeting…maar ek sal daaroor vertel in my blog…ek neem nog te veel in na Saterdag!
Ek is net so bly ek het jou ontmoet! Ons tweetjies kan n pad stap
LikeLiked by 1 person
Dit maak my hart bly❣
LikeLike
Man Bondels, ek grens sommer! Dis presies wat ek vermoed het sal gebeur, hierdie eerste ontmoeting van mense wat diep diep in jou hart inkruip deur ons skrywes. Wat ń voorreg was dit nie vir elkeen van ons om so saam by WoordNoot te kuier nie. En julle liefde vir haar het uitgestraal, ń liefde gebasseer op gedeelde woorde uit ons bloggers se siele. Ek is dankbaar dat ek daar was, dat ek met my eie oë kon ervaar die besonderse band tussen ons klompie. Hierdie is ń spreekwoordelike liefde vir jou naaste net omdat ons mens is.
LikeLiked by 4 people
Dis so waar Una, wat ‘n heerlik skat om met ons saam te dra…
LikeLiked by 1 person
Ai, Bondeltjies, jy is so vreesloos weerloos met al die liefde in jou hart. Dit was ‘n voorreg om jou te kon ontmoet.
LikeLiked by 2 people
Tannie Frannie, julle is die Vader se geskenke aan my ek koester dit…
LikeLiked by 1 person
Sjou maar julle is almal pragtig. En nou weet ek, tannie Frannie se storie het regtig gebeur. 😁
LikeLiked by 3 people
Ek moet sê as ek nie geweet het dis real nie, sou ek ook gewonder het.. die towerinne skitter
LikeLiked by 1 person
Ons sal moet begin sê: Hierdie is regtig en hierdie nie! 😂
LikeLiked by 2 people
🤣🤣📄
LikeLiked by 1 person
Ai, nou kon ek ook sien hoe lyk vyf van die Groenbus dames. Ek hoop julle het stiletto’s en bypassende handsakkies gehad!
LikeLiked by 3 people
Ek sal my nek breek…
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam…stiletto’s is net vir die verbeelding!
LikeLiked by 1 person
Nee, ons het nie…ons was undercover!
LikeLiked by 2 people
Dit was lekker om so saam te kuier. Dit voel asof jy mense lankal ken, maar eintlik ontmoet julle mekaar vir die eerste keer. Blog-land is werklik tower-land
LikeLiked by 4 people
Dit klink asof dit ‘n besondere geleentheid was. Ek maak nie maklik vriende nie en tog voel selfs ek ‘n band en geborgenheid tussen die Bloglanders.
LikeLiked by 2 people
Hester ek ook nie. Alhoewel ek maklik met mense oor die weg kom, maak ek nie sommer gou vriende nie. Ek weet nie hoe die bloglanders so vinnig onder my vel ingekom het nie
LikeLiked by 1 person
Voëls van eenderse vere en ‘n gebrek aan veroordeling.
LikeLiked by 3 people
Ja swaer..
LikeLiked by 1 person
Liewe Joey. Wat ek sien wat sosiale media doen, is om die “awkward” onbekendheid weg te vat. Wanneer mens die waters reeds op ‘n afstand getoets het, kan mens soveel makliker praat. Gesien met op skoolkennisse. Maar wanneer jy oor hartsake skryf, sien almal jou broosheid. ‘n Ander faktor glo ek is opregtheid. Mens kan valsheid gewoonlik met ‘n stok aanvoel. Jou liefde vir ander is suiwer en jy verdien dieselfde 💝
LikeLiked by 2 people
Baie dankie liewe Vrede ek is dankbaar vir julle in my lewe🌹
LikeLiked by 1 person