Eers was die lug in spookasem pienk getooi,

Toe het perse die nag nader genooi

Hier op my stoep in die aand skemering

Sit ek en Pasella in bewondering

Oor ‘n Pallet vol kleur

Saam met ‘n soet blommegeur

Voêltjies fladder verby soos feetjies op vlug

Almal keer na hul huisies terug

Nog ‘n dag vir altyd verby,

Terwyl Sy liefde by my bly.