Hierdie is meer vir myself as iemand anders. Ek het nodig om dit neer te pen, hardop te lees, absorbeer, onthou. Dalk meer as een keer….

Ek het ‘n wonderlike vriendin, wat ek nie so baie sien nie. Maar sy het die gawe om wanneer ek wel by haar uitkom, net so een sin te “drop” wat my dan tref en lank en deeglik laat dink..sy sal dalk baie bly wees oor hierdie blog. Ek bedink hierdie al vandat sy haar sin gedrop het ‘n rukkie gelede, en ek besef….

1) Ek kan NIE alles fix nie…

2) Dis nie my werk om alles te fix nie…

3) Mense gaan deur goed vir ‘n rede, jy mag nie dit vir hulle probeer fix nie

4) Mense leer en groei in hulle eie fix- program

5) Ek is baie keer in God se pad as ek dinge vir mense probeer fix…(eina)

6) My natuurlike vyand misbruik my mercy hart en hou my besig met “fix” goed om my weg te hou van dit waarmee ek regtig moet besig wees…

7) Om weg te stap sonder om iets vir iemand te fix, maak my nie harteloos of ‘n failure nie…

Daarsy self, dink mooi en neem dit diep diep in….

Advertisements