Ek sing vir jou ‘n somerslied

Leen by die wind sy melodie

Somerson en blommekelk

Voëlgesang en sonbesie roep

Saggies waai ‘n somersbries

Bome wuif in harmonie

Blomme skryf ‘n liefdes brief

Branders steek hulle grense oor

Voete vorm ‘n sande spoor

Elke dag ‘n boodskap vir die wat wil hoor…

Advertisements