brown and white bear plush toy
Photo by Pixabay on Pexels.com

Dit is seker natuurlik dat die meeste mense nou in hierdie tyd terug kyk op die vorige jaar. Ek wou nie regtig nie maar twee insidente, sommer hier aan die begin van die nuwe jaar, noodsaak my om na ‘n paar goed te kyk. Dit forseer my om terug te kyk na 2018. Daar was baie wat ek liefs sal wou vergeet en baie waaroor ek regtig dankbaar is.

Ek wou ook nie weer skryf oor narsisme en my wegbreek nie. Maar as gevolg van die twee insidente, moet ek dit bekyk, bevoel, beskryf. Ek moet dit uit my gestel kry. Juis omdat dit my laat voel het wat ek nie weer wou voel nie, het ek weer besef ; genesing is ‘n proses. En ek is nog in die proses…

Tipies in die aard van ‘n narsis, kontak hy my na maande van stilte. In die loop van whatsapp gesprekke, oefen ek my muscles wat ek intussen geleer het tydens my genesings proses. Ek bly versigtig en reaggeer nie tipies soos in die verlede nie. Ek weet nou dat sommige van my “responses” uit die verlede het eintlik sy narsisme gevoed. Ek kon agter kom dat my antwoorde op sy whatsapp boodskappe hom verwar en uit eindelik kwaad maak. ‘n Narsis haat dit om beheer te verloor oor sy slagoffer. Eers probeer hy my “lovebomb” en toe dit nie werk nie, die “gaslight” en daarna die manupilasie en controling tegniek. Dan volg die beskuldigings en skuld gevoelens.

Hy het ook intussen agter gekom dat hy geblok is op facebook en is woedend. Aanvallend, “demand” hy antwoorde en probeer my oorreed om weereens sy begeertes te vervul. Ek weier om myself te verdedig of verduidelik. Ek weier om toe te gee aan sy eise en reaggeer glad nie op sy uitlatings. Dit het tot gevolg dat hy begin praat oor egskeiding in die hoop dat ek sal sê nee, verkrummel en toegee aan sy eise. Dat ek al vele kere die proses wou begin, onthou hy skeinbaar nie. Toe ek sê ja asb, kan ons maar die proses begin droog sy boodskappe op. Ons is terug by stilte. Hoekom praat ek met hom hoegenaamd vra jy? Bly jy vra – want ek het sy samewerking nodig vir die egskeiding.

In dieselfde tyd gebeur die tweede insident. ‘n Vroulike familie lid, naby aan my, oorskrei steeds na vele gesprekke my boundaries. Ten spyte van die feit dat ek graag ‘n gesonde positiewe verhouding met die persoon wil hê, is ek op ‘n plek waar ek ‘n streep in die stof getrek het. Sy is “clueless” oor wat sy aanvang, alles “in the name of”: ek het net goed bedoel. Ek het al vele kere met haar hieroor gesels, beide mooi sag en liefies, sowel as kwaai en ferm. Sy hou my genesings proses dop en wil aktief betrokke daarby wees terwyl sy nie die “tools” het daarvoor nie en ek geensins veilig is by haar nie. Ek word gereeld deur haar bespreek by vriend en vyand en sy skroom nie om haar persoonlike opinie te lug nie. Deur die loop van 2018 was sy direk en indirek verantwoordelik vir baie ongemaklike situasies in my lewe. Maande gelede het ek reeds besluit om geen persoonlike detail van my lewe met haar te deel nie en hou ek haar vriendeik op ‘n afstand, sover moontlik. Dis ook sy wat vir my hierdie skakel gestuur het. Snaaks genoeg is dit ‘n puik skakel met waardevolle inligting. Hy is nie net ‘n ag siestog shame, pleister plakker nie, hy gee praktiese raad en is op die man af. Waar kry sy die skakel? Bly jy vra – by iemand wat bevryding en berading doen. Nadat sy met die persoon oor my gaan praat het en nou wil die vrou my sien…. need I say more……

Ek moes myself in die oë kyk en voel wat ek voel. Ek moes kyk na wat ek voel en hoekom. Ek moes besluit wat om met al hierdie voel te maak. Ek moes uitvind wat is die volgende stap na genesing. Niks van dit is maklik nie. Nee, ek wil nie hê jy moet my jammer kry nie. Asseblief nie. Ek skryf dit om myself te help. En hopelik vir iemand wat ook hierdeur gaan. Vandag is nie so ‘n maklike dag nie. Maar ek is nie hopeloos en moedeloos nie. Ek is besig met die proses. Ek vorder. Vandag is dalk sleg maar more, more gaan beter wees…

Watch “Breaking the “Trauma Bond” to the Narcissist through enhanced Emotional Literacy and being an adult” on YouTube