Time out is genadiglik verby! Wanneer ek Pasella nie saam met my kan vat nie, bly sy by iemand betroubaar waar sy ook goeie aandag en liefde sal kry. Soos nou tydens Desember toe ek see toe is saam met my kroos.

Pasella hou niks daarvan nie en so gaan ons altyd deur ‘n “terug kry /straf” fase nadat ek haar weer opgelaai het. Maak nie saak wat ek doen en hoe ek om haar kloek nie.

Vir ‘n paar dae lank, tot sy dit uit haar gestel het, betaal sy my terug vir die abandonment. Vir die eerste dag of twee, ignoreer sy my summier. Sy sal na my gluur met wat ek noem, haar evil eye. Sy sal ook geniepsig wees, na my hap en haar kos en waterbakke probeer omsmyt. Vloermoer se moses. Daarna, kom ‘n dag of twee van spiteful wees. Dis wanneer sy eindeloos al die geluide maak wat sy weet my vreeslik irriteer.

Oor Desember het sy ‘n paar nuwe geluide aangeleer, onder andere ‘n klein hondjie wat hartverskeurend (en erg irriterend) tjank. Dit was haar terugkry wapen vir my hierdie keer. Aanhoudend! Sy het my mal gemaak!!! Telkens as sy begin, gil ek “Pasella!” En volg dit op met “nee, stopit, jy raas!!”

Gister treiter sy my weer met die getjankery en ek gil weer Pasella!!!!! Voor ek kan sê stop, hak sy af en gil terug,” nee,stopit jy raas!” En toe klap sy haar tong vir my… bid jou dit aan.

Toe haal sy haar ander gunsteling uit- ‘n huis alarm, ook nuut aangeleer! Liewe aarde, ek het al my dae gehad om die geskel te laat ophou. Weer gil ek Pasella!! Weer val sy my in die rede. Stopit! Antwoord sy en volg met ; ek vergewe jou! En toe begin sy giggel.

Vanoggend is Pasella haar ou self. Toe ek haar oopmaak sê “sy hallo mamma, kom soen!!” Dankbaar dat time out verby is , gee ek Pasella haar soen. Love you honey, sê ek. Love u too antwoord Pasella….

Advertisements