‘n Ruk gelede skryf ‘n medeblogger “Ouma-wees is nie vir sissies nie” (deur Anne-Marie Taylor) https://wp.me/pafuMR-ha en ek het absoluut met alles saam gestem wat sy gesê het. MAAR…..

Ek persoonlik…. dink; ….menswees is nie vir sissies nie….

In ‘n vorige blog het ek notas geskryf, meer vir myself as iemand anders. As ek gaan tyd vat en stilsit en dink, gaan ek nie ophou notas maak nie. Ek leer elke dag iets oor myself en ander mense.

Met ‘n terugblik op die laaste 4 jaar, weet ek vandag, hier waar ek sit, hoekom ek so moeg is. Om mens te wees is MOEILIK (nee, ek wil nie ‘n dier of iets anders wees nie). Moeilik met ‘n hoofletter M. Nee wag, maak elke letter vet en groot….en nee, ek is nie uit porselyn gekap nie. Growwe, hard gebakte pottery wat houe kan vat, dis ekke….

Been there, done that, got the vidio, t-shirt, ….en die rek merke. Party lesse moes ek meer as een keer skryf, kop paar maal hard gestamp. Ek het al heeeeeelwat beleef maar daar is verseker goed wat ek nog nooit beleef het nie. Ek het byvoorbeeld nog nie drugs beproef nie. Ook nie iemand naby my gehad wat daarmee gesukkel het nie. Maar as gewese berader het ek met so persoon die pad gestap en ook met sy gesin. Ek sal sekerlik nog ‘n paar kan opnoem en dan is daar sekerlik ook goed wat ek nog nooit van gehoor het nie. (Dankbaar) Ek wil hierdie nie in ‘n treurmare verander deur al my sorge en geite en goete uit te spel nie. Ek wil net sê, sometimes life sucks. Daarsy, ek het dit gesê.

Daar is die normale uitdagings, van finansies, werk, siektes en verhoudings. Geliefdes se leed, troeteldier wat sterf of weg raak. Drome wat plat val, planne wat skeef loop. Vriende of kinders wat swaar trek en alles kom krap ons mens wees en emosies om.

Party uitdagings is groter en erger as ander. Maar dan stoei ons daardeur, bid daardeur en groei daardeur. Soms huil ons daardeur en soms, net soms, lag ons daar deur.

Want, daar is ook oud word. En vergeet knoppies wat beter werk as onthou knoppies. Dan soek jy die bril wat bo op jou kop is, of die selfoon wat teen jou oor is..

En ‘n lyf waarvan die skaniere kraak. En “valves” wat nie meer so ferm seel nie, en vir jou knor as jy buk.

Maar….

Genadiglik….

Het ons vriende en familie vol liefde en omgee. Ons het humor en grappies wat ons optel met laggies. En moenie vergeet van ons Skepper en Heer, wat ons ophelp en sê; “Kom ons probeer weer”

Advertisements