Hierdie is ‘n fiktiewe storie en deel van ‘n uitdaging …

Voor huisie nommer 11, is hierdie bord ingeplant. Dit laat die lekker kry deur my are bruis. Die babbelkous Passella raak stil toe die wiele stop.

Verby die spekboom heining is ‘n nuut aangelêde paadjie wat boekdele spreek van die nuwe reise wat nou op die towerinne wag

Dit was ‘n paadjie wat belowe om alle blues die trekpas te gee en eg in sigeuner styl.

By die voordeur wag ‘n bali-eend, ‘n rangskikking wat my soos ‘n honerêre lid van hierdie afgeleë dorpie laat voel, en dis die reine waarheid.

Vinnig pak ek af en pluk my huisie reg. Alles aan die huisie moet sê dagsê, jy is welkom!

Vir my moeë vrinne is daar snoesige ontspan plek. Die vertrekke is verder sonnig en ontspanne met groot vensters wat lig gee vir lekker skilder.

En oorgenoeg plek vir kuier en gesellig saam wees. Ek is innig dankbaar vir hierdie veilige hawe waar van vriend tot vlinders, welkom sal voel.

https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5

Advertisements