person using ballpoint pen
Photo by rawpixel.com on Pexels.com
  • Mens drink nie ander mense se pille nie.
  • Jy leer mense eers waarlik ken as jy ‘n deeglike pad met hulle gestap het, of saam met hulle gebly het.
  • Jy kan nie mense se gedagtes lees nie, jy kan net raai….
  • Mense kan nie jou gedagtes lees nie, hulle kan net raai
  • Mense redeneer glad nie soos jy nie, maak seker hulle verstaan wat jy sê of dat jy reg verstaan wat hulle sê
  • Dinge is selde soos jy dink dit is
  • Al verstaan jy nie nou hoekom, wat of wie nie, dit sal vorentoe sin maak (leer jy net daaruit)
  • As jy dink jy weet iets, moet jy wysheid gebruik voor jy daaroor (en met wie) praat.
  • Maak nie saak hoe uitgesort jy dink jy is, daar is altyd ruimte vir nog uitsort en nog genesing en nog groei.
  • Daar is altyd iets om oor dankbaar (en bly) te wees
  • Sela