Hierdie is ‘n denkbeeldige storie en deel van ‘n uitdaging.Lees hier om te sien wat die deelnemers alles doen: https://fresh.inlinkz.com/p/f3a95533873d4e39950509a1af369d8a

Laat ek maar eerlik wees, ek het gesukkel met hierdie een. Eerstens, soos die meeste van julle weet, ek besig was met die groot trek. En al my moeg so opgebruik was dat ek ander se moeg moes leen. Tot my brein was moeg, dit wou nie lees nie en dan glad nie verstaan wat ek lees as ek wel begin.

Volgende probleem is dat ek nie noodwendig mense bewonder of haat genoeg dat ek hulle sal saam bring vir die ete nie. So hoe gemaak.

Daarnaas, het ek verleer kos maak. Ek is alleen, so brood en heuning, of ‘n sny kaas en beker koffie is my voorland. Om boonop vir soveel mense kos te gee is n vreeslike nagmerrie..

Maar dis hoekom daar Una’s in mens se lewens moet wees. Om jou sagkens, of dreigend aan te praat. Sy laat dit so maklik klink dat ek nou wraggies hier sit en begin pad soek tussen my verdwaalde oorwerkte breinselle.

Die gaste is die moeilikste. Die mens wat ek die minste saam met my aan tafel wil hê is die narsis. Dit sal my laat opgooi aan tafel so nee, ons gaan dit nie doen nie. Hy is juis weer besig om te hoover en ek is boudjiesvol daarvoor. Toe besluit ek maar op Hitler. Ek wil in sy oge kyk, “jah woll,”skree en terselfder tyd sy maermerrie stukkend skop. Sommer. Die tweede gas het ek nou net, hierdie presiese oomblik besluit, sal my standerd 9 Afrikaanse onderwyseres wees. Want sy het my aangemoedig om te begin skryf en my opstelle in rooi verander soos wat sy raad gee en tekere gegaan het met my werk. Ek sal wil hê sy moet weet wat ek met al haar raad gemaak het en vir haar my blogs wys. Ek gaan net eers seker maak sy bring nie n rooi pen saam nie…

Daar is soveel lekker kosse en goete om daai langtafel dat ek glad nie kan besluit wat ek moet bring nie. My brein weier om oop te gaan by menu of resepte. Soooooo, hiermee, weet ek, haal ek myself baie raas op die hals..veral van Toortsie se kant af.

My beskeie, sondige bydrae is Ina Paarman se boksie tjoklit brownie (skies juffrou) alla wouwa. Ek verander haar boksie so effe. Ek doen als wat sy sê en as dit uit die oond kom, sit ek die alla wouwa by. Ek smeer ‘n dik laag karamel kondensmelk vinnig bo oor en dan gesmelte donker sjokolade. Lekker dik. Laastens rasper ek regte neute bo oor en sny in blokkies.

Heel laaste, lek ek die bikkies en bakke uit…..toe toe, moenie my so aangaap nie. Julle doen dit ook by die huis….