Nie vir sensitiewe lesers nie…
Anton is dood. Anton is ‘n swaer, en was nie baie gewild gewees nie. Hy en my skoonsuster is net ‘n jaar en ‘n half getroud en dit was van die begin af duidelik dat hy ‘n bietjie anders, of plein weg weird is.
Hy was op daardie stadium werkloos en het beweer dat hy “under cover” vir die polisie se drug afdeling werk. En omdat hy under cover besig was om te help ‘n sindikaat dwelm smokelaars oop te vlek, moes hy so nou en dan self dagga rook. …
Sy klere en juwele het mens laat wonder. Sy manier van praat en doen ook. Nie my soort geselskap nie, sê ek oop en eerlik (met skaamte). Hy het mens laat dink aan iemand wat aan die verkeerde kant van die spoorlyn bly. Nie asof ek aan die regte kant (wat dit ookal beteken) gebly het nie, maar ek probeer vir jou ‘n prentjie skets. Sy kop was kaal soos kojak. Hy was afgryslik maer.
Menigmaal as mens daar sou aandoen, kon jy nog die dagga of wat ookal in die lug ruik. Soms as hy gepraat het, moes ek die drang om sy mond toe te druk met alle mag keer. Ek het myself soms betrap dink aan ‘n verskoning dat ek moet ry.
Met alles vooraf gesê in gedagte, kan ek ook sê hy het my skoonsus gelukkig gemaak. Kokaai soos hy was het hy meer van God se karakter in hom sigbaar gemaak as baie sogenaamde christene, myself ingesluit.
Sonder om homself op te blaas of te vertoon het hy ‘n omgee gehad wat baie min mense het. In ‘n tyd wat my rug baie seer was, sou hy sonder vertoon of omhaal van woorde langs my inskuif as ek moeisaam die trappe moes afklim. Hy sou sy skouer onder my inskuif en my met sy arm steun terwyl eie manlief eenkant toekyk.
Hy het skoonma waarvoor niemand kans sien, onder sy dak ingeneem en versorg. Al haar twakkies opgevreet en sy vrou beskerm soos ‘n verwoede beer as dit nodig sou wees. Hy was altyd bereid om te help op sy stil beskeie manier. Al was hy nie my gunsteling persoon nie, het ek vir hom respek gehad.
Nou is hy dood. Dinsdag by die werk het die mense agter gekom daar is groot fout en die ambulans laat kom. Hy is opgeneem. Iets wat hy gebruik of gerook het het sy kop laat uithak. Ekskuus dit klink vreeslik maar dis hoe dit aan my verduidelik is. Sy brein het uitgesny. Hy het ook geweldig gehalusineer.
Hulle het hom deeglik ondersoek en toetse gedoen. Toe vasgebind op ‘n bed om te laat “uit droog”. En net iewers het sy hart besluit dis te erg en ingegee. En gaan staan. Al hulle pogings om hom te red het gefaal.
Wat my diep geraak het was wat sy vrou vertel van hoe hy gelyk het toe hy sterf. Sy oë was oopgespêr asof in erge vrees en pyn. Dit was diep terug gesak in sy oogkaste en sy wange het ingeval. Sy kakebeen was styf en uitmekaar. En my hart huil. …
Omdat ek hom nooit lief gehad het soos ek moes nie. Omdat ek nie genoeg van my Here se liefde in my gehad het om by hom te gaan sit en praat nie. Omdat ek nie genoeg van God in my na hom gereflekteer het, dat hy kon hulp vra nie. En nou is dit te laat…
Nee, dis nie guilt en condemnation wat op my lê nie maar skaamte. Hoekom draai mense hulle rug op God? Hoekom glo mense nie in God? Hoekom het mense issues met God?Ek is bly jy vra….
Want ons wat Hom lief het verteenwoordig Hom so swak dat niemand Hom wil ken nie. Want mense dink as Sy kinders so is, moet Hy so wees….
Ons leef nie sodat mense honger na Hom. Mense wat nie in God glo nie het Hom nog nooit ontmoet nie, of het seer gekry deur iets wat ons as christene of “die kerk” gesê of gedoen het en hulle op vlug laat slaan het. Hulle issues met God is eintlik issues met kinders van God….
En ek is skuldig. Ek ken God as ‘n liefdevolle Vader wat red en genees en omgee meer as wat ek ooit kan begryp. Ek het nie een keer met Anton oor God gepraat nie. Net my neus opgetrek en anderpad gekyk. Sies!!!!
Mag God my en Sy kinders vergewe….
Bondels, maat. Ons is almal vergewe en kyk nou watter mooi getuigskrif kan jy vir hom skrywe. Drukkie.
LikeLiked by 3 people
Dankie vuurtjie
LikeLike
Ek dink ons almal kry soms skaam… dit is hoe dit is. Jammer dat hy oorlede is, nou voel dit skoon snaaks om die normale “rus in vrede” te se…
LikeLiked by 3 people
Ja mens sit sonder woorde
LikeLike
Ai sussa, sien ek waar ek ook tekort geskiet het. Gesien Anton skree vir hulp in sy binneste maar ek het nie geweet wat om te doen nie. 2 Saterdae terug het hy hier by ons gedraai en het dek die gevoel gekry ek gaan hom nie weer sien nie. Dit is soos jy se daar was meer van God se karakter in hom sigbaar. Nou is dit te laat…en my hart huil vir hom
LikeLiked by 1 person
Dankie Angeline
LikeLike
Bondels….so baie van ons het daardie “Anton” in ons lewens…ek dink almal het. En almal van ons tree nie so vreeslik christelik op as dit by sommige mense kom nie. Maar jy het tog sy goeie eienskappe gesien. En dis genoeg…
LikeLiked by 2 people
Dankie woordjies
LikeLike
Ek verstaan jou gevoel, Bondels. Met my boetie se selfmoord was dit presies wat ek oor en oor vir myself gevra het; hoekom het ek nie meer met hom oor Vader gesels nie. Hoekom. Hoekom.
LikeLiked by 2 people
Dankie Una, ek glo jy weet regtig. Ek is so bang hy is nie nou op n plek van vrede nie en dit maak my skuldig. Ek is so jammer vir hom
LikeLike
Ai, dis ‘n hartseer storie. Ek dink ons is almal maar geneig om nie te betrokke te raak, veral as dit jou nie direk raak nie. Ek dink nie jy hoef te vrees dat hy nie op ‘n plek van vrede sal wees nie. Ek dink hy is verlos van sy aardse wroegings en smarte.
LikeLiked by 2 people
Dankie Bytjie
LikeLiked by 1 person
Die een persoon wat jy altyd die moeilikste vergewe, is jouself. Dis nie ‘n maklike situasie om aan te spreek wanneer die persoon self nie eerste toenadering soek nie. Moenie jouself te veel kasty nie, matertjie.
LikeLiked by 3 people
Dis waar hestertjie, dis iets waarmee ek jare lank gesukkel het. Ek het dit op Sy skoot neergesit, dit help…
LikeLike
Liefste Bondels wat altyd ‘n plekkie vir ander in jou hart het, sterkte ook vir jou en soos Hester wil ek vra dat jy jouself nie te veel moet kasty nie. Wees sag met jou. ❤️
LikeLiked by 2 people
Dankie liewe Toortsie⚘
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit het so aan my hart geraak. Maar ons moet nooit vergeet nie – ons is onvolmaakte mense wat in ‘n onvolmaakte wêreld bly. Ons sal seker nooit hierdie menswees-ding regtig rekry nie. Maar solank ons probeer en die lesse leer, sal ons stappie vir stappie beter doen. God se las is lig – sy vergifnis dadelik en onomkeerbaar – vir ons en vir hulle wat afgedwaal het. Ons sal dit nooit werklik verstaan nie. En ek glo vas en seker dat Jesus se dood en opstanding beteken dat ons slegs hier op aarde, waar die sonde begin het, vasgehou word daardeur, en deur al die hartseer en ellende. Die oomblik wanneer ons oor die drumpel tree na die ewige, is ons waar God heers tot aan die einde van die wêreld wanneer die oordeelsdag aanbreek. So, daars is definitief vrede en rus aan die ander kant, vir almal, ongeag wat ons gedoen het in ons gebondenheid hier op aarde. Ons moet dit glo en maar net aanhou probeer om die menswees-ding onder die knie te kry terwyl ons nog hier is …..
LikeLiked by 3 people
Dis so waar Vlindertjie, dankie vir die herhinner⚘
LikeLiked by 1 person
Bondels, dis nooit te laat nie. En jy het so pragtige oor hom geskryf, jy, ons is almal mens en dis okay om so te voel oor ander. Moenie so hard wees op jouself nie, jy het altyd tyd om leiding en hulp te vra🌻
LikeLiked by 2 people
Dankie liewe virgo
LikeLike
Dis asof daar altyd verwyt is na iemand se dood. As ek vir seker kan weet waar die persoon is bring dit vrede…maar dis daardie nie weet nie wat dit moeilik maak. Vertrou by nou het jy berusting Bondels.
LikeLiked by 2 people
Ja Kameel, sy vrou was vanoggend by my vir bietjie begeleiding en gebed. Dit het ook getroos..
LikeLiked by 1 person
Hartseer mooi.
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die inloer
LikeLike