The God who sees me. Mens spreek dit uit El Royee.

Mens lees van regs na links. El beteken God. Die yod wat lyk soos ‘n klein kommatjie op die einde maak dit persoonlik….me… ekke…my…

GOD SIEN MY. Vir my. (En jou). Al die kere wat ek gedink het ek is onsigbaar, Hy sien my. Al die kere wat ek gedink het niemand weet nie… Hy het gesien…

Dalk glo jy nie soos ek nie en dis ok. Jy hoef nie soos ek te glo nie. Dis ok. Doen my net asb die guns, kyk asb die vidio hier onder, die hele een. Asseblief. Laat die woorde insink sonder jou “ja maar” en al jou vrae …. El Roi, the God who sees me.. sê dit vir jouself, asem dit in… Hy. Sien. My...

Hoe weet ek? Want gister middag, toe ek nie geweet het ek het dit nodig nie, het El Roi my gesien. En my kom raakvat. En gisteraand toe ek alleen in my bed in die donker lê, het Hy my gesien. En aan my kom raak. En vanoggend….toe ek met my koffie op my bed sit, het El Roi my gesien…en suutjies sonder ‘n woord aan my kom raak, en raak gevat…

En so, sonder woorde of beduie kan ek net sit dat Hy kom doen wat Hy wil. Kom vat wat Hy wil. Kom plak en pleister wat Hy wil. En dit is alles alles goed. Want ek het surrender. So leer ek weer om die twyfel en vrees neer te lê en weer te leer vertrou. En soos ek toelaat dat El Roi diep binne in kyk, die las al hoe ligter word en die vreugde en vrede al hoe meerder en meerder, want…

………..El Roi………..

Watch “The God Who Sees OFFICIAL Lyric video” on YouTube