fb_img_15569659130301577011107621354725.jpg

Hierdie is deel van ‘n opdrag wat deur ‘n spesifieke groep bloggers in stand gehou word. Dit mag dalk glad nie sin maak vir my gewone lesers nie….

*************************************************************************************

Hallo julle! Sjoe, ek het na julle verlang. Het so verdwaal gevoel vir ‘n rukkie…

Hoe salig is dit nie om weer hier te wees. Ag, my ou huisie is sooooooooo rustig en veilig. Dit is net wonderlik hoe alles hier werk. Hier kan ek net doen (en eet) ((en drink))wat ek voor lus kry sonder die normale gebreke en beperkinge of komplikasies van die alledaagse lewe. My skilder prentjies is mooier, my stem nooit vals nie en al maak ek hoe droog, niemand bly lank kwaad nie. Tot my lyf kry dinge reg wat ek nie eers in my jeug sou kon doen nie, en boonop kan ek in allerhande vreemde gedoentes ry of vlieg….

Wonderbaarlik bly my kos kaste ook altyd vol met elke Towerin se gunsteling eet en drinkgoed. Veral tuis gebakte Jêm tertjies. Selfs Banting Toortsie kom soek ietsie wat sy nie self moes maak nie. Dat ons nie hoef skottelgoed te was hier nie is die wonder van wondere, so ek kan bak en brou na hartelus en alles word vanself skoon. ek is juis so lief om te mors!! Al Rebusfontein se nuwe intrekkers moet my asb laat weet wat julle gunsteling eet en drink goed is sodat ek daarvan kan oorstuur. Al die heerlike rus- en – kuier plekkies in my huisie maak dat hier gereeld kuiergaste is wat kom lê of sit en lees of kuier en selfs kyk wat ek verf. Party kom kuier eintlik by Pasella, my pratende papegaai, en leer haar ander goed….

Wat ek die meeste van Rebusfontein hou is dat hier altyd iets is om oor te lag. En juis daarom, klim die ondeunde deel van Bondels meer en meer uit. Ek sien ook elke moontlike humoristiese moontlikheid raak wat sorg vir baie pret. Dis dan ook hoekom almal wat so elke dan en wan bietjie blouhond stuipe kry, net hier hulle skoene kom uitskop en hulleself kom recharge.In huisie nommer 11. Maar ek dink elke unieke huisie hier, is so recharge plekkie. Ek is natuurlik ook bekend vir die een met healing hugs en boonop is daar net aan die binnekant van my buite deur, ‘n onsigbare -vrag-afligter, wat kortemette maak met als wat te swaar is vir iemand.

My bure is die baie stil en stigtelike Seegogga en Trommeltjies.(tot nou toe, weet nie hoe lank dit so sal bly nie…) Maar ek sien hulle met tye nuuskierig deur die gordyne loer as hulle die gelag hoor opklim uit nommer 11, veral as die frangelico loop….

Om die ander bloggers se bydraes oor hulle huisies op Rebusfontein te lees, gaan loer in by hierdie skakel op InLinkz:

https://fresh.inlinkz.com/party/4d37c70b99244affaf04d8ea985b927