Ek was so bevoorreg om gisteraand met my dogter in my arms te kon slaap. Skoonseun het net gesê “Mammie, doen asb jou Wouwa magic…” . Wouwa het hierdie keer nie die magic gehad om reg te maak nie. ..

Woordeloos het ons in die donker gelê en probeer slaap. Ek kon die storm in haar voel, later die snikke hoor, en nog later die gesnuif. Sy het styf teen my aangekruip net soos toe sy piepklein was. Ek het die tenger bewende lyfie net vas gehou. Op haar hare soentjies geplant, haar ruggie gestreel en binnetoe gebid. Toe het ek saggies vir haar begin sing, net soos toe sy klein was, al was my stem effe gestrem.

Sy het haar kop gedraai om te kan luister. Ek het gevoel hoe haar lyfie begin ontspan. En nog later hoor ek die wonder van ‘n gebroke stemmetjie wat saam begin sing. Eers sag en toe sterker en sterker..

I sing for joy at the sound of Your Name,

For ever I love You, for ever I’ll praise, nothing compare to the promise I have in You…

Advertisements