Ek kan skaars glo dis verby!! Ek onthou nog hoe huiwerig ek hiermee begin het, nou is ek bly ek het. Die foto is van die groot meerderheid van die groep bymekaar. Die oudste is 90jr oud en die jongste 11.

Dit is gehou in Pretoria by die Norfolkpine Gastehuis wat die hele plek vir ons uitgehou het.

Daar is gekuier….

Geëet…

Gespeel….

En gelag….

En tot laat om die vure gesit

Ongelukkig was ons nie eers die helfde van die familie nie. Maar die wat daar was stem saam, dit was ‘n fees. Almal vra dit moet weer ‘n jaarlikse instelling word.

Ek is sommer net bly dit het so uitgewerk en is diep dankbaar dat almal dit geniet het…