‘n Vriendin stuur die vir my, die foto ook…
Deur Lidi de Waal:
As jy ou koeie moet begrawe
regte egte vetgat swaar koeie nie kalfies nie
dan grawe jy ń gat so groot jy kan
met moeite en verdriet
jy gooi die laaste graaf sand bo oor
en jy sien hier steek nog ń skerp horing uit
en daar ń wederstrewige speenpunt
dan los jy daai maar eers so
want jy sien ou koeie kry mens nie sommer
horings en spene en al
met net een probeerslag begrawe nie
jy laat nog bietjie tyd daaroor loop
en later try jy weer…
en daarsy onder die grond in is die koei
dan eendag gaan haal jy die kruis af
wat jy ter wille van vergiffenis maal sewe
bo op gesit het
want so lank jy daai kruis bly sien
so lank gaan jy die ou koei onthou
jy sit ń swaar klip bo op sodat niemand weer
daai ou koei kan uitgrawe nie
maar nou onthou jy nog soms
en jy gaan gooi die klip ver weg in die see
by rooi els
maar die ou koei se onthou bly nog sit
en toe weet jy
mens kan ou koeie begrawe
maar nie ou onthoue nie
al wat jy kan verander is die manier waarop jy
jou ou koeie onthou
en mettertyd (en mettertyd vat lank)
begin jy onthou met aanvaarding
en berusting
en daai soort van ou-koei-onthoue is makliker
****
Ek lag saam met haar, want dis waar. Ek kan so identifiseer. Veral in die seisoen waarin ek my bevind. Daar waar ek besig is om ‘n vet, moeilike koei te begrawe. Maar die bleri ding het ook spene en horings en dinge wat nie net maklik in die gat afgly en daar bly nie. Wil ook nie net toe gegooi word nie. Maar my weet dat die koei moet toe is groter as die goeters wat bly uitpop.
So ek bekyk die moedswillige uitpop ding mooi stadig. Hoekom vervlaks wil jy uitsteek? En dan werk ek dit so bietjie bietjie af tot dit mooi toegooibaar is.
En die kruis? O ja die kruis! Want 2 September plant ek die kruis op daai dooie koei sodat dit nooit weer kan bulk of nerens kan uitsteek.
Dan gaan gooi ek my dankbaarheid nat sodat dit kan bly groei. En ek stap weg met onthoue, nie van ou koeie nie – nee, van lesse geleer, van gesond word, van nuwe lewe, nuwe kanse, nuwe geleentheid om te lag, en net dankbaar, dankbaar, dankbaar te wees. Want dit sal alles alles ook verbygaan…
Ek weet
Daai ou koeie kan ou bulle ook wees en so baie kere verneuk ons onsself deur te dink dat ou onthoue net afgeskryf kan word. Dan kom die ou onthoue weer op ander maniere uit. Ek droom eergister-aand dat die x by ons plot-hek opdaag en presies oor wat ek vir hom sou sê. Word wakker en besef dat die proses nog nie klaar is nie
Sterkte vir 2 September, mag jou las ligter wees daarna
LikeLiked by 1 person
Dankie Positief, jy is so reg. Ons gaan besoek maar vir kort rukkies net twv genesing. Solank ons nie weer kamp opslaan daar nie. Ek voel al aansienlik ligter, maar weet ek mag myself nie bluff nie. My genesing is te belangrik daarvoor…sterkte ook vir jou
LikeLiked by 1 person
Ou koeie, ja. Hulle klim so nou en dan uit daai gat en kom gaffel jou in die g…, uhm, boud.
LikeLiked by 1 person
Haha jy laat my lag
LikeLiked by 1 person
Old bones never die … it is how we remember them that we must try. May good fortune follow you: healing and forward-looking. We are all rooting for you!
LikeLiked by 1 person
Thanks Anne!!
LikeLike
Ag sterkte positief. Is waar, ou koeie sukkel om begrawe te word. Veral as ander dit nie wil vergeet nie.
LikeLiked by 1 person
Old cows never die. Die oorwinning is die dag as jy die gat besoek en dit dis net ‘n gat, en dis al…. Jy is ampertjies daar, Bondels!
LikeLiked by 1 person
Ja dit klink reg!! Net ‘n gat…hahahaa
LikeLike
Pragtige gedig en so gevul met lewenswaarheid. Begrawe daai koei en stap na die draad waar daardie regte ou koei, sonder spene, jou heeldag roep. Streel haar koppie en sê vir haar dis oukei.
LikeLiked by 1 person
❣
LikeLiked by 1 person
Bondels, sterkte met die begrawe en die wegwerk daarvan. ❤️
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie ❣
LikeLiked by 1 person