Dit was nou omtrent ‘n storie! My gesoekery na ‘n mooi rok vir die sirkus. Ek het oom Google gevra en gekyk en gekyk. Dit was erg moeilik vir my so tussen die kliente en werk en life…

En die heeltyd bekommer ek oor een ding. Hoe ek daai lyndans gaan doen in ‘n lang rok en dit op stelte. Never mind Rebusfontein wat ons buitengewone vermoëns gee. Ek wat Bondels is, WEET….

Toe ek destyds vir die sakekamer gewerk het, was ek die een wat vir al die ghaos gesorg het. Hulle was gesteld op voorkoms, etiket en aansien. Hier kom Bondels met haar deurmekaar alles. Hare geblowave en all. Sy berei die raadsaal behoorlik voor vir die vergadering. Dokumente in netjiese pakkies. Penne. Water. Pepperminte. Agterna eet-en-drinkgoed, bordjies, servette. Alles perfek. Dan kom die vername mense. Ek ontvang en begelei hulle na elkeen se sitplek. As almal teenwoordig is, moet ek die telefoon gaan herlei en my plek gaan in neem by daardie tafel. My dreaded moment! Want keer op keer as ek binnestap sien jy net papiere trek. Soos die komedies in flieks. Hulle het my die warrelwind genoem. Maak nie saak hoe stadig ek loop nie, jy sien net papiere trek. Asof dit nie erg genoeg is, wanneer ek help optel, is dit my kop wat die Chairperson amper bewusteloos stamp. En dan boonop die een links van my se water omstamp.

Ek moes ook gereeld help formele netwerke reel. Venues, sprekers, blomme, noem dit, die hele toetie. Pragtig, perfek, alles. Tot ek die blomme moet oorhandig en van die trappe afneuk. Baas het nie eers kom kyk of ek oky is nie, hy het net op die kantoor se whatsapp groep gesit; ” she did it again…” ek was die grap. Tot ek op krukke en in ‘n gipsie aan gehobbel kom..

So, vir hierdie sirkus op hoë skoene het ek glad nie voor kans gesien nie. Enkel swik of rok raak trap is my voorland. En dan duik ek die ander lyndansers onderstebonder vantonder. Ek kon al sien hoe die hele tent naderhand plat lê en al wat mens en dier is mekaar vertrap om daar onder uit te kom!! Ogh, nee asb nie.

En dit is toe ek in die werk se trokkie, wat ek nou maar Kameel (skies Kameeltjie) gedoop het oor sy gebokspring oor die grondpad, ry wat die antwoord kom. Aangesien ek aljuis soos ‘n cowboy voel, kry ek vir my so uitrusting. Sorry dames, dat ek nou nie so grênd soos julle gaan lyk nie maar julle hoort dankbaar te wees, ek spaar julle baie elende. Glo my!!!

By hierdie skakel kan julle oor ‘n klompie bloggers se denkbeeldige sirkusavontuur lees: https://fresh.inlinkz.com/p/556868f82eae403d9143258e74ee97b1