In 2011 word ek oorreed om paar van my storietjies en gedigte in ‘n kleine boekie saam te stel. Teen daardie tyd het ek al agter gekom hoe terapeuties skryf is. As ek dit boonop inmekaar vleg met gevoel, humor en geloof, en ek deel dit met mense, was daar telkemaal mense wat vir my sou sê :” jy moet ‘n boek skryf”

Grepies was nie eintlik wat hulle in gedagte gehad het nie maar dit was ‘n begin. Elke storie was gebasseer op iets wat met my gebeur het, waaruit ek of ‘n les kon kry, of net bloot die geleentheid om te lag. En wat is nou lekkerder as om saam met iemand te lag. Daarom deel ek graag, baie maal ten koste van myself. Ek kan lekker met myself draaksteek, soms tot my kinders se skaamte. Oudste vra juis nou die dag;” gaan ma regtig daardie storie oI in die boek sit?”

Ek weet van my naby mense wou gehad het die boek moes meer my lewens verhaal wees en die goed wat met my gebeur het of wat ek beleef het. Daarvoor het ek nie regtig kans gesien nie. Enkelma geword toe jongste 8 maande oud was. Weer getrou op die rebound. Net omdat ek as pas weergeborene ‘n profesie verkeerd verstaan het en gedink het God sê ek moet met die man trou. Emotional and verbal abuse. Sewe jaar lank toe sê ek genoeg is genoeg en stap uit. Weer geskei. Alles terwyl ek verbete vasklou aan my geloof en liefde vir Ewigste.

Na nog klomp dramas begin skryf ek. Dalk meer om beter te voel as vir enige ander rede. Ek dink behalwe vir Genadigste en my humorsin, ja en die gebede en ondersteuning van al my geliefdes was dit die wil om beter te voel en regtig voluit te lewe wat my heeltyd laat opstaan en aan gaan het.

Grepies is nooit gepubliseer nie. Daar is bloot ‘n klomp gedruk en uit die hand verkoop maar meer nog net weg gegee. En steeds bly mense vra wanneer skryf ek ‘n boek. Nou ja, Grepies is op pad. ‘n Paar weke gelede kom koop ‘n klient shofars. Sy sien ek is besig om baas se boekie te vertaal, en so vind ek uit sy het ‘n uitgewers maatskappy. Een ding lei tot ‘n ander en so het dinge gevorder dat Grepies bietjie ‘n facelift kry en gepubliseer word.

Die laaste ruk was ek besig om hieraan te werk. Ek het al die gedigte uit gehaal en ook ‘n paar stories. Daarna aan die stories geskaaf. Dit nadat vriendin Maureen die hele boekie oor getik het. Toe sit ek klomp blog verhale by, ook bietjie geskaaf. So word ‘n die dun boekie ‘n heelwat dikker weergawe van my wedervaringe. Ek is klaar. Dit is op pad uitgewers toe.

Maar wat ‘n reis!!! Soos wat ek deur die stories werk vou die onthoue oop in laag op laag. Soms betrap ek myself lank lank stil sit en mymer. Soms proe proe asof ek aan ‘n eetding smul. Soms was daar hartseer en baie kere lag. Ek kon sien waar ek was en waar ek nou is. Vele kere wou ek my eie jis skop!!

Maar hier waar ek nou sit, is ek net oneindig, oneindig dankbaar….

Advertisements