Om Israel toe te gaan is nie vir my ‘n toer nie. Dit is ‘n lewens gebeurtenis wat my lewe diep raak. Ek neem graag fotos maar dit is nooit net iets interressant of mooi of selfs lelik nie. Vir my is daar altyd iets aan gekoppel, iets om te onthou of te voel.

Vir my is die lewe ‘n samestelling van raakvat oomblikke, gebeure, plekke, mense, geure, kleure, smake, musiek en dinge. Goed of sleg, ‘n samestelling van komponente wat maak dat jy kan terug dink daaraan. Jy proe daaraan, rol die smaak op jou tong. Deeglik, stadig sodat jy kan weet, moet ek weer hiervan proe of nie. Wil ek hierdie lank onthou of vinnig vergeet. Gaan hierdie my lewe beinvloed of nie. Om ‘n verhouding met iemand te hê is gedeeltelik ook so, vir my.

Israel is verseker ‘n lank proe, diep dink en voel wat ek weer en weer sal beleef. En nooit moeg word voor. Al was daar ook baie sleg tydens een spesifieke jaar. Ek dink hierdie keer se besoek was gedeeltelik ook ‘n genesing /herstel van daardie nare ondervinding. Ek glo ook Maureen het baie daartoe bygedra omdat sy so ‘n gemaklike, bedagsame en sorgsame medereisiger was. Ek het groot waardering daarvoor gehad.

Sommige mense wat daarheen reis gaan net vir die genot of ondervinding. Ander weer, gaan met ‘n opdrag of doel. Ek het ook vir Dierbaarste gevra of daar hierdie keer iets is wat ek moet “gaan doen”. Sy wonderlike antwoord was; “rus”. En ek het.

Israel is ook ‘n plek waar mens “moments”, gebeure, herhinneringe bymekaar maak. Omdat dit ook bekend staan as die “Holy Land”, is baie van hierdie oomblikke wel, heilig. En ek wil vandag een van my altyd onthou oomblikke met julle deel.

So was daar heelwat mense wat ek in my hart saam gedra het , vir wie ek spesifiek daar wou gaan bid. Daar by die klaagmuur. Ja ja ek weet. God antwoord orals gebede mens hoef nie soontoe te gaan om te bid. Ek weet. Dankie. Mense het ook die gewoonte om name op ‘n papiertjie te skryf en iewers in die muur te gaan druk. Daar is miljoene der miljoene mense wat dag en nag daar bid. Nie net vir hulle self nie maar ook vir die versoeke op die papiertjies. Ek doen dit ook.

Die klaagmuur word ook die “western wall” genoem. Dit is die laaste oorblyfsel van die westerse muur van die platvom waarop die tabernakel gebou was. Vir die jode is dit die naaste aan die tabernakel en ook die heiligste plek van aanbidding. Mens word streng dop gehou en vinnig reg gehelp, sou dit nodig wees.

Maureen en ek het eers bietjie op die plastiese stoele gaan sit. Eers net om asem te skep na die lang loop. Toe seker maar mense beloer voor ons ook saggies begin bid het. Dalk was dit net ek. Omdat daar die keer heelwat mense naby die muur gestaan het, sou ons beurte maak om naby die muur te gaan staan en ons papiertjies te los.

Toe my beurt aanbreek het ek aan die koel muur geraak. Die dag was skreiend warm. Ek het met Geduldigste gesels en vir laas probeer dink aan wie se naam ek nog kon bysit. Ek het geloer waar ek die opgevoude papiertjie kon in druk. Dis orals oorvol. Ek het uit eindelik ‘n plekkie gekry en dankbaar my gebed afgesluit. Ek het vir ‘n oomblik my voorkop teen die muur gedruk sonder woorde. Dit was heerlik koel en ek wou sommer net so bly staan. Om my is derduisende mense in diep innige gebed. Gewyde oomblikke. Toe gebeur daar iets onverwags…..

‘n Duif het in een van die holtes in die muur gaan sit, en bo op my kop getjorts. Jip. Net so. Geen gewydheid vir my nie. Poerts. Daarsy. Dis wat ek hiervan dink, sê die duif. Ek was in absolute verdwasing toe dit netjies op my krulle land en ‘n dun strepie oor my voorkop trek. Manifisteer kan ek nie, die mense bid om my. Snesie het ek ook nie. Ek het so waardig moontlik my voorkop met die agterkant van my hand afgevee. My arme broek moes maar saam met my die punch vat. Taamlik vies het ek stil weg gedraai van die muur en iemand anders plek gegee terwyl ek so ongemerk moontlik my hand gaan afspoel by hulle hande was plek net ‘n paar tree boontoe op. Ek het probeer so ongemerk moontlik die hopie op my hare raakvat en bietjie vir bietjie afspoel terwyl grille deur my pluk. Sonder dat ander sien. Net nou verban hulle my as ek eenof ander reel oortree. Simpel duif.

Toe ek later vir Maureen vertel kon ons heerlik daaroor skater. Maar dit het my ook laat dink, miskien maak ek soms net teveel van ‘n ding. Soms dalk net te ernstig. En soms, net soms, trek iemand of iets ons net ‘n streep. Selfs in die Heilige Israel ….