Jerusalem het nie erwe met huise soos hier nie. Huise, of woonstelle is in die stegies en strate versteek …

 

As mens nie loop en snuffel nie, mis jy baie. Al snuffelende kom jy op skatte af en interresante hoekies. In die aande parkeer motors net daar in die straat, nevermind die verkeer. Dis niks vreemd om iemand in die muur te sien sit met musiek instrumente, ook in die straat. Op dieselfde pad waar mense loop en produkte verkoop, ry karre en busse maar ander as in Suid Afrika, word voetgangers nooit beseer nie…..