Hierdie is deel van ‘n soort van uitdaging en sal nie my gewone lesers amuseer nie.

Hester vra hoe ek die status van towerin gekry het. Voor iemand die floute kry, ons praat nie van Towerin soos in swart mag, duisternis,toor of so nie. Ek praat van die naam vir ‘n groep vroue met waagmoed, kinderlike speelsheid en ‘n plek van ontsnapping wat hulle deel, weg van die crazy menswees bestaan in rerig rerig land. Ek onthou jare gelede waag ek en sus toe ons erg platsak is om op ‘n advertensie te reaggeer om in ‘n tv produksie as “ekstra” op te tree. Vir sakgeld jy weet. Ons het nie geweet watter produksie nie. Dit was toe meer as een sepie en onder andere die tv reeks Scandall. Iemand wat ek ken was hoogs ontstoke omdat ek my met so program assosieer. Ai.

Dit was Una wat my oorreed het om te begin blog. En my met Jop se geduld gehelp het om my blog op te stel. Dit was sy wat my eerste blog gelees het, kommentaar gelewer het en saam met my asem opgehou het, gehoop en gekyk het of ander daarvan gaan hou. Dit was vir haar wat ek kort kort verwonderd laat weet het hoeveel mense my nou “volg”. Ek dink dit was Abrie (?) wat Hester aangepor het om my toe te laat om ‘n uitdaging te doen en weer Una wat my bly aanhits het om waagmoedig te raak en deel te neem aan uitdagings. Daar was ‘n Feeverhaal, toe Kaleidoskoop en die Groenbus en daarna Rebusfontein. Iewers tussen dit deur klomp kleiner uitdagings en naturlik die normale blogs van almal. En iewers, wie weet waar, het ek kommentaar gelewer op iemand se storie. En toe “dubb” Erna my, sommer so tussen die kommentare deur as Towerin.

Ons toor nie. Maar in ons speel speel wêreld gebeur seker maar dinge wat totaal in die regte lewe onmoontlik is. In hierdie groep amasing vroue en Abrie wat nog wonder of hy towerin(aar) is, ontdek ek ‘n groep mense wat ek innig leer liefkry het. Al het ek party nog nooit ontmoet nie. Hulle deel met my ‘n spasie wat ek nie kan verduidelik nie. ‘n Spasie wat ek nodig het. Waarheen ek kan wegvlug as die regte lewe te veel, te swaar, te moeilik, te te raak. ‘n Spasie waar ek nooit vir iemand te te is. Of dalk is ek maar hulle sluk dit, bly stil en bly lief….

Dankie dat ek in julle spasie ‘n groot deel van my heel word kon vind. My Towerin maats…