Die son gooi sy goedkeuring in silwer strepe toe die gewoel op die lande begin. Die een jong boertjie gly met die trekker en ploeg deur die landjie voor my huis soos ‘n warm mes deur botter. Die genot duidelik op sy gesig. Die reuk van grond vul die lug en kom gooi strome lekker kry oor my uit. Die reuk van die skepping, vars en skoon. Dit stuur vir my ‘n belofte van lewe, groei en seen.

Die ander jong boertjie haal groot klippe uit die land wp-15936027561849001084085530735699.jpgmet sy bakkie. Eers hak hulle dit met ‘n sterk ketting en sleep dit lag lag uit. Ook sy gesig blink van lekker kry. Orals sien jy stof opgaan soos rookseine wat ‘n boodskap uit basuin.Ek houwp-15936027573045932265238886542090.jpg

my asem op, bang die man gaan op sy agterent land! Maar selfs sy

gesiggie weerspieel lekker kry en ek moet dan glimlag. Manne en hulle speelgoed! Ek gaan die kantoor binne en ‘n rukkie later kom kyk ek weer. Ek is stom verbaas toe hulle klaar is, dit was ongelooflik vinnig. ‘n Ander man is nou op die trekker, en ek gaan staan en  hou hom dop.  Dis duidelik hy weet wat hy doen en dat hy elke oomblik geniet!

Vanoggend terwyl ek pakkies maak in die kantoor, kom roep ou Josef my. Kom kyk hulle plant, sê hy. Ek is stom. Die landjie wat al amper twee en ‘n half jaar my kwelas en ander voêls se speelplek was, is onherkenbaar. Gister was dit bossies, dooie gras en stof. Vandag is dit skoon, nat en groen wat  praat van nuwe lewe! Die verandering was skielik en onverwags. 

En ek kan nie help om te dink. Gister was die jaar nog toegegooi oor swaarkry goed se stof. Maar in ‘n oogwink kan dit verander. Hopelik bring dit ook lewe, groei en hoop!