wp-15934272266158790432450771997872.jpg

V(lieënde)V(irus)V(lugtende)T(owerin)T(ent)

Kunswerk van Daniel Merriam, “Walking on Air”

Hierdie is deel van die nuwe uitdaging deur die afrikaanse bloggers, genoem die Towerinne. Want hulle fantasie stories is ondenkbaar, ondoenbaar, onverklaarbaar, behalwe in hulle eie koppe. Gewone lesers, gaan maar verby – met toestemming!!

 

Die Storie begin waar Vuurvliegie as volg eindig: 

Vuurvliegie roer op haar bed en dertien Towerinne staan grootogig met hande voor die mond.

“Waar is ek? Wie is julle,” roep sy benoud uit.

Sy kyk verward rond en beduie met haar hand na Bondels.

“Gouelokkies, hoekom het jy geld in jou cleavage?  Het jy ‘n hart van goud…”

Voor sy klaar kan praat, swymel Vuurvliegie weer weg.

Sy droom van ‘n veelkleurige tent wat die wêreld vol sweef saam met die maan. 

Vreemde mense praat aanmekaar in haar oor.

**********************************************************************************

“DJGEEEE WIZZZ!” hyg Bondels terwyl sy die munt tussen die twee susters verwyder en geskok daarna kyk.Dis sowaar Sonell se dink pennie! Hoe op aarde val dit uit die lug en land hier? Versigtig draai Bondels dit om en bekyk dit. As mens die Koninging se neus vryf,gaan die tyd stil staan – dit wil ons nou nie weer laat gebeur nie, thank you very much!
“Wat is dit hierdie?” wonder sy kliphard en krap die rooi merk op die kroon af en vryf dan oor die dowwe kol wat nou op die kroon is.wp-15934335533377752805458237513575.jpg

Swooossjjjjjjj, Zapppp!!! knal dit oorverdowend. Verbaasde uitroepe klink orals op en dan begin Una senuweeagtig giggel. Al die Towerinne sit plat op hulle blakers uitgesprei oor die vloer. Kameel gee ‘n paar kuggies en waai voor haar gesig toe die rookskerm begin lig.
“Waddehel!???” brom Hester en druk druk op die vloer wat lyk soos ‘n springkasteel sin.
” O koek!” roep Sonell, “ons is nou in die Vlieënde tent!”
“Vlieënde tent!!??” klink geskokte uitroepe orals op.
“Ja, maar dis eintlik great, nou kan ons enige plek heen vlieg en ontsnap van hierdie absurde virus!”

Die Vlieënde tent kantel gevaarlik toe die Towerinne een na die ander probeer opstaan om te kyk wat aan gaan. Benoude gille klink orals op.
“Staan stil!!” bulder Vuurvliegie en almal vries. “Dames, bedaar asseblief! Laat ons eers hoor wat gaan hier aan, Sonell!?”

“Perdebytjie,trek daardie handvatsel by jou, gou!!roep Sonell dringend “dit is die vloer stabiliseerder.”

Perdebytjie laat nie op haar wag nie en nog ‘n ruk en pluk en gezoom verder kan die verdwaasde vroue een na die ander opstaan.

“Is almal oky?” vra tannie Frannie besorg. Een na die ander beaam en begin dan nuuskierig rond kyk. Soos gewoonlik, al klaar weer reg vir die volgende avontuur!

“Waar is ons?” vra Positief en loer nuuskierig by een van die vensters uit.

Christa wat by die paneelbord staan, se antwoord klink effe benoud; “Dit lyk of ons 35 000 voet in die lug is iewers naby New Zealand. “

“Wag laat ek kyk” sê Scrapy en kom vinnig nader, sy stamp amper vir Christa uit die pad van pure haastigheid. Sy bekyk die instrumente bord en beduie heen en weer met haar vinger. “Ons is tussen New Zealand en Papua New Guinea, amper bokant die Mtulawun vulkaan. Daar is wonderlike staproetes, soos die Kokoda Track en Black Cat track. Mens moet net permitte kry en ‘n profesionele gids wat die groep
vergesel. Mens kan ook ‘n primatiewe inboorling kamp gaan besoek. So vêr ek weet, leef hulle in die kampe so na as moontlik as hoe dit daardie tyd was.Kyk daar is die kleiner Tolokiwa Eiland en daar…”

“Kom ons gaan Papua New Guinea toe, onderbreek Toortsie, ek wou nog altyd!

“Ja toe, beaam ‘n paar stemme en Seegogga vra; “hoe kom ons daar?”

“Dis dalk nie ‘n slegte plan nie!” antwoord tannie Frannie droog. “Dan stap julle al daai engeltjiepipi en witblits uit julle uit, julle het genoeg petrol in julle se lywe! Dis tyd dat ons klompie weer helder van verstand raak. Mensig julle het my al bekommerd gehad!”sê sy gemaak kwaai.

Julle!!!!skreeu Positief wat steeds by die venster uitgekyk het ” dit lyk of die vulkaan wil spoeg! “

Positief gee ‘n harde gil en dan word dit pikswart in die Vlieënde tent en alles begin skud, ruk en pluk. Dit voel asof die wind die tent skuins af, eenkant toe waai. Dan raak dit stil, die Tent sidder en die ligte gaan weer aan. Almal staar mekaar groot oog aan terwyl hulle verbete vasklou.

“Waddahel” sê Hester weer as die Tent drie keer saggies hop en tot stilstand kom op vaste grond.

Positief staan op van haar knieë en loer oor die rand van die venster. “Ons het geland sê sy verwonderd.”

“Ek wonder waar is ons?” vra Woordnoot en gee ‘n paar tree na die deur toe.

“Nee stop Woordnoot! Werk die instrumente paneel nog? Scrapy, waar is ons? ” neem Hester vinnig beheer voor die Towerinne weer uitbreek in chaos. 

“Ons is op een van die kleiner eilande” antwoord Scrapy saggies. “Ek is nie seker watter een.”  

“Ek kan nie hier binne bly nie!” sê VirgoC,” kom ons gaan uit.” Sy storm op die deur af en voor iemand kan keer ruk sy die deur oop. Una is kort op haar hakke en Woordnoot laat ook nie op haar wag nie. Die son skyn helder en die hemel breek blousel blou bokant die tent oop. Die lug ruik na woud en see. Almal borrel nou by die deur uit en oral hoor jy oeeee…, en aaa….soos regte Transvalers, kyk hier, kyk daar! Die toneel is idillies met die see links en ‘n woud wat aan die regter kant nooi om ontdek te word.

“Sjoe kyk al die voëls” sê Perdebytjie en sy vat vat na haar kamera. Bondels is soos blits by haar en hulle stap in die rigting van die bos. Hester en Seegogga gaan staan voete in die seewater. Kameel en tannie Frannie staan en kyk terwyl die res die blomme bewonder.

“Julle weet” sê Scrapy ernstig “hulle beweer hier is mensvreter inboorlinge op party van die eilande. “

Net toe klink daar die geluid van voete wat hardloop onmiskenbaar op. Al wat Towerin is verstyf en kyk angstig na waar die geluid vandaan kom. Perdebytjie en Bondels is die naaste daaraan en kyk beangs na die bome en struike wat begin beweeg. Dan verskyn ‘n swart inboorling met wit verf aan sy gesig. In sy oorlobbe het hy klein, droeë, wit beentjies vir oorbelle. Om sy nek hang toue met iets wat lyk na ystervark tande. Om sy bo arms rooi leerbande en in sy regter hand ‘n knop kierie. 

“Stadig,stadig….” sê Perdebytjie en hou haar arm beskermend voor Bondels. “Almal, beweeg asseblief baie stadig terug in die rigting van die Tent! S.T.A.D.I.G”. Dit lyk asof almal in stywenek – skilpaaie verander het soos wat hulle gehoor gee. Oë stokstyf en nekke reguit gerek. Tannie Frannie trek sommer vir Christa aan haar mou agter haar aan. 

Dan bars nog ‘n paar lywe deur die bos en die Towerinne begin gillend Tent toe hardloop, never mind Perdebytjie se vermaning. VirgoC kyk nuuskierig om, struikel en kruip dan sommer verder tot in die tent. Toortsie is in “aksiemode” en lyk of sy iemand wil karate-skop. Seegogga is slag gereed om die Tent deur toe te klap sodra almal veilig binne is.Hester en Vuurvliegie help almal na binne, soos besorgde henne hulle kuikens.

“Wait, Wait…!” roep ‘n mans stem hard. Die lywe is ‘n paar toeriste wat hulle gids, Xai-Xai (die geverde inboorling) uit eindelik inhaal en wou kom kyk watse gevaarte het hier op die eiland geland, vind die Towerinne uit nadat almal herstel het van skok. 

“Dankie tog, ons is almal veilig! Gelukkig was dit toe geen mensvretende inboorling daardie nie!” sê Una.

“Ek dink dit is tyd dat ons verkas.” Sê Positief.
” Waarnatoe nou julle?” vra Woordnoot. 

“Hopelik na ‘n plek sonder vulkane en inboorlinge!” sê VirgoC.
Bondels haal die dink pennie uit en hou dit vraend op.

“Ek weet, ek weet!!” roep Christa opgewonde, gryp die pennie en begin woes oor die kroon vryf…

 “Hierdie is nog ‘n Lê-Jou-Eier bloguitdaging wat deel vorm van die Towerinne se avonture. Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030