Die vidio het my laat terug dink aan my dae as sendeling. En my week in die knieë gemaak…
Soveel kinderlike opregtheid, nederigheid en diepe afhanklikheid. Geen arogansie, geen ek weet beter as jy, geen kompetisie.
Mense wat saam met jou swaar kry,saam met jou water aandra, eenvoudig lewe en honger is om nog te leer van die Een wat bo alles lief het.
Ek onthou dat dit swaar was, die verlange na my mense groot was. Maar dat in tye soos die wat op die vidio vas gevang is, jy weet hoekom jy daar is. En nog bietjie sal vasbyt. Ondervindings soos die  maak dit draagbaar en bring Hom nader vir wie jy dit doen. Hoe uitsonderlik geseend kan mens wees….