Die vrou wip soos sy skrik toe ‘n droë takkie reg langs haar val daar waar sy op die growwe klip sit en mymer. Sy was so vas gevang in haar terug-dink-en-onthou bubbel dat sy totaal voeling verloor het met die werlikheid waarin sy haar steeds bevind. Sy kyk op en sien ‘n klein aap gesiggie nuuskierig afloer na haar.” Ja toe, wat kyk jy?!”, raas sy kamtig, “jy moet versigtiger wees, dit kon ‘n hengse tak gewees het dan was ek nou gonners!” Haar maag gor, sy knyp haar een oog toe,meet die son en gly dan op haar boude van die klip af. Outch! Nie mooi gedink daar nie vroumens, die klip is bietjie grof vir ‘n gly sessie. Sy vryf oor die agter kant van haar bene en boude. Darem niks stukkend nie.Haar liggaam bewe, deels van die vroeg oggend koeligheid, deels die emosie belaaide geheue wat bietjies bietjies terug keer. Die honger dra seker by. Sy stap na haar spens toe om van die gebergde kos te kry om te eet. Sy raak doenig maar haar gedagtes is vêr van kos en die voorbereiding daarvan. Haar hande werk asof sy geprogrammeer is terwyl haar gedagtes terug glip na die gebeure wat nou stukkie vir stukkie voor haar oop kloof in ‘n nagmerrie. Dit voel asof alles weer van voor af gebeur en daar gaan ‘n siddering deur haar lyf.
‘ Alles in haar span saam om te luister. Asof elke sintuig op aandag staan om te luister na ‘n antwoord op haar hulp geroep. Oorgehaal om die geringste geluid, beweging of selfs reuk op te vang. Net die bos self met sy diere geluide en bewegings groet haar terug, terwyl haar hart voel of dit onreelmatig en bo natuurlik hard klop. Dit kan nie wees nie, dink sy. Dit is onmoontlik, hier moet nog mense wees. Hulle kan my mos nie alleen hier gelos het nie?Sy roep weer, harder die keer. Stilte. Niemand antwoord. Die onsekerheid dreig om haar te oorweldig en sy besluit om op te staan en ondersoek in te stel. Bang kom lê diep binne haar. Sy probeer regop kom, effe te haastig en verloor haar balans. Sy struikel,val en stamp haar linker skouer. Pyn skiet soos venynige dolk steke deur haar en sy moet gryp na die naaste boom vir bystand. Pyn laat trane ongehinderd oor haar wange stroom, “Ag Here, help my! Snik sy terwyl pyn en desperaatheid met mekaar stoei en sy sukkel om kalm te bly. Die drang om onbeheersd aan die gil te raak en nooit weer op te hou nie is so oorweldigend dat sy met mag en mening daarteen moet veg. Sy weet net sy kan nie bekostig om nou oor te gee aan die paniek nie. Sy moet nugter bly, gefokus! Toe die wereld ophou draai, stut sy haarself eers deeglik teen die boom en kyk dan na haar linker skouer. Die wond het weer begin bloei. Sy begin sommer weer huil. Dan snuif sy hard, byt op haar tande en dwing haar lyf weg van die boom af. Kom aan, hier kan jy nie bly en jouself jammer kry nie. Hier moet iewers ‘n noodhulp kassie wees.
Sy staan eers ‘n oomblik stil en bespied die ramp toneel. Geen mens sigbaar, dalk binne die wrak? Sy begin stadig vorentoe beweeg, versigtig met haar een kaalvoet tussen die wrakstukke. Haar kop en skouer pyn onbeskryflik en bemoeilik haar tog maar ‘n onsigbare mag dryf haar aan. Dan sien sy iets uitsteek onder van die rommel wat haar oog vang. My tekkie!! Die trane stroom weer oor haar wange. Sy buk, skuif die plaat eenkant toe en trek die tekkie uit. Dan gaan sit sy plat op die grond tussen die wrakstukke en trek eers die tekkie aan, dit sal haar beweging vergemaklik. Sy vee die trane met die agterkant van haar regterhand af terwyl haar oë soek na die noodhulpkissie en tekens van ander mense. Dan gewaar sy die wit kissie wat op sy sy lê met die kenmerkende rooi kruis daarop. Ag dankie Vader! Prewel sy en vee ergerlik oor haar wange na die tane wat net nie wil einde kry nie. Sy moet eers die bloed stop voor sy verder soek na ander passasiers en bemanning.’
Outch! Gil sy kliphard. Met al haar mymering het sy nie mooi opgelet nie en haar hand te naby aan die vuur gewaag. Nee man! Raas sy met haarself. Die apies in die bome skel na haar toe sy opstaan om haar hand in die koue water by die holklip te druk. Lyk darem nie te erg nie. Sy spoel sommer weer haar gesig af. Dan stap sy terug vuur toe, maak die oorblyfsels bymekaar en vou dit weer toe in ‘n blaar. Sy stap terug wrak toe bêre die oorskiet en gaan sit op haar slaapgoed om die noodhulpkissie uit te haal. Dalk is daar salfies in. Wanneer sy die kissie oop maak, onthou sy weer hoe bly sy was dat die goed toegeruste noodhulpkissie in een stuk was. Dit het sowaar haar lewe gered.Haar gedagtes maak draaie by hoe sy eers haar skouer skoon gemaak en verbind het. Daar was selfs ‘n driehoek verband in en kon sy ‘n stut maak vir haar arm sodat sy beweging van die skouer kon beperk. Daarna het sy met behulp van die klein speeltjie, ook in die kissie, na haar kop wond gekyk en dit ook versorg. Dit het alles maar sukkel sukkel gegaan en dit het haar lank geneem. Sy onthou hoe moeg dit alles haar gemaak het en hoe sy kort kort moes rus en ook weer moes rus voor sy op gestaan het om te kyk vir ander mense. Sy het deur hierdie einste deel waar sy nou sit, geloop en kyk vir ander insittendes. Niks. Dit was eers toe sy deur die een klein venstertjie aan die anderkant van die vliegtuig na buite geloer het, dat sy ‘n been sien uitsteek het.
‘Daar is iemand! Ek is nie alleen nie, hyg sy dankbaar en die trane sit weer vlak. Die persoon het hulp nodig! Ek moet sommer die kissie saam neem. Sy draai om en klouter weer uit die wrak uit.Sy druk die kissie onder haar regter arm in en hou dit in die krom van haar arm. Haar liggaam rebeleer bewend terwyl sy oor goed klouter. Dan loop sy om die voor kant van die wrak terwyl sy blare en takke voor haar wegstoot.Sy loop so vinnig as wat sy kan en sien dan die groot liggaam van ‘n man wat op sy maag lê. Sy gesig is weg gedraai. Die son breek in strale deur die takke oor die man, soos die groot kol lig op ‘n verhoog oor die hoof karakter. Daar is nie tekens van bloed wat iewers uitloop nie, dink sy onbeskaamd dankbaar. Sy lyf lê afdraand in ‘n sloot. Wie kan dit wees? wonder sy terwyl sy langs die man kniel. Hallo, hallo meneer kan jy my hoor? Vra sy terwyl sy saggies aan hom druk.
Bondels, Bosvrou is ‘n ‘survivor’!
LikeLiked by 1 person
Hoop sy kan nog ‘n rukkie survive..
LikeLike
Sy gaan oorwin, sowaar as my gebeentes.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop haar reis bly boei en dalk inspireer..
LikeLike
Ek geniet hierdie vervolg verhaal.
LikeLiked by 1 person
Ek is baie bly Anne, ek waardeer jou saam lees
LikeLike
Ek hou ketterlik asem op terwyl ek hier lees.
LikeLiked by 1 person
Bly jy hou van dit Toorts. Jy het my laat glimlag vandag toe jy vra waarnis Bosvrou…
LikeLiked by 1 person
Ek het haar gaan soek! 😊
LikeLiked by 1 person
Pleks red jy haar
LikeLiked by 1 person
Nooit! Salek nou so ‘n lekker storie kortknip met ‘n gereddery!
LikeLiked by 1 person
Jy laat my lekker lag
LikeLiked by 1 person
In elk geval, as sy 18 maande kon oorleef, hoekom nou stop?
LikeLiked by 1 person
Dink net hoeveel storie lê in daai tyd…
LikeLiked by 1 person
Praat jy!
LikeLiked by 1 person
Ek glo sy sal ons mettertyd vertel.
LikeLiked by 1 person
Sy beter. Ek is ook nuuskierig
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
Ek neem aan die man is haar pa. Wat sou sy met hom gedoen het? Sy kon hom mos nie net daar laat lê het nie?
LikeLiked by 1 person
Presies!!!
LikeLiked by 1 person
Oeeeee ek hoop nie sy verwyt haarself oor iets nie! 🤔
LikeLiked by 1 person
Pragtig saamgevat, ek is nuuskierig …
LikeLiked by 1 person
Ja jinne ek ook🤪
LikeLiked by 1 person
Mooi Bondels….jy boei ons!
LikeLiked by 1 person
Ek is soooo bly
LikeLike
Kom nou eers by ons storie uit. ‘Ons’, want ek dink kliphard saam aan scenarios. Joune is net elke keer baie, baie beter.
LikeLiked by 1 person
Dankie Una, daar is soveel moontlikhede hierdie storie kant enige kant toe gaan. Ek live dat almal saam praat en vrae. Party vat my sommer op WhatsApp aan daaroor😁 veral as ek te lank vat om te skryf..
LikeLike
Geniet hierdie “journey,” vriendin, dis wonderlik.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook dis haar pa wat daar gelê het. Skok maak so – jou brein probeer die waarheid blokkeer om jou te beskerm. Interessant.
LikeLiked by 1 person
Ja ek verstaan dis soort van beskerming..
LikeLiked by 1 person
Amper hierdie een gemis! Bondels, jy ken die kuns om spanning te laat opbou.
LikeLiked by 1 person
Dankie Bytjie, ek leer jong. Het dit nog nooit voorheen gedoen nie. Ek sukkel om dit vol te hou hoor, vat nogal uit my uit om dit geloofwaardig en interressant te hou. Ek moet hard dink…
LikeLiked by 1 person
Goeie oefening vir jou brein.😄
LikeLiked by 1 person
Eish, dis dalk hoekom ek so moeg is
LikeLiked by 1 person