wp-15966357300403648340753206192779.jpg

Ek is besig om al my ou goedjies uit te sorteer. Testament en al my besittings en so.  Papierwerk kom netjies in ‘n leêr met fotostate van al die nodige goete en dinge. Selfs bank kaarte en al daai. Ek gee vroegtydig vir my  kroon prinsesse die pin nommers en wys hulle die leêr en als.
Al wat toe nog kort is lys van al my ou meubeltjies. Want in die woonstel waar ek bly is party my goed en ander baas se goed. Die woonstel het so gekom. En dan is daar van my goed op ander plekke. Soos van my skilderye.  Een skildery is ‘n potlood en charcoal skets wat ek gemaak het van die groot 5. Nie my beste skets nie, ek het toe nog my talent pas ontdek. Enniehoe…
Toemaar ek beplan nie vanself om my tentwoning nou op te slaan nie. Maar met baas se man se afsterwe moes ek help om hulle dinge uit te sorteer. Eish…Dis al wat ek sê. So ek sorteer my goed uit sodat niemand met my goed moet sukkel nie.Toe raak ek nou die week half aan die gekibbel oor watter 5 diere deel vorm van wel, die groot 5! En omdat ek toe nou benoud is dat ek die verkeerde 5 daar neer gepotlood het, praat ek met mevrou google daaroor en ontdek paar baie interressante feite. 

Die Buffel, kwaai en betjoings soos wat hulle kan wees, het ‘n wonderlike omgee kant! Hulle red ander diere wat gevang is. Hulle sal tot ‘n leeu aanvat wat ‘n bok gevang het. (Ek sidder). Die Luiperd is uitstekende boom klimmers, is baie versigtig en beskermend.  Wat ek nie geweet het nie is dat hulle baie goed kan swem en ook vis en krap eet.Die Olifant is ‘n omgee dier soos ‘n regte moeder. Vol emosie en komunikeer oor groot afstande op ‘n lae frikwensie wat mense nie kan hoor nie. Die Renoster  is effe blind maar sy gehoor en reuk maak op daarvoor. Hulle kom ook voor as baie kwaai maar het ook ‘n diep omgee hart. Die Leeu is nes die ander vier bekend daarvoor dat hulle baie kwaai en gevaarlik is. Hulle is egter ook nie alleen lopers nie, baie lief en baie beskermend teenoor hulle trop. Ek het dit baie interresant gevind dat die vyf gevaarlikste, kwaaiste diere soveel omgee in hulle het. Kort voor lank het dit my laat dink aan mense wat ek ken, wat soms baie bot en kwaai voorkom maar diep binne hulle hope goedheid, liefde en omgee wegsteek. Ek ken nogal ‘n paar sulkes….

 

Gaan lees lekker hier;
https://www.worldwildlife.org/blogs/good-nature-travel/posts/ten-wild-facts-about-the-big-five