Die woord is ‘n vloekwoord wat die meeste mense vermy terwyl die statistiek verbysterend is. Asof om nie daaroor te praat nie, alles sal beter maak. Vandag gaan ek my groot dogtertjie klere aantrek en daaroor begin praat. Want mense moet hoor. Dalk moet ek hierdie ook ‘n reeks maak want ek het nogal baie ondervinding en baie om te sê hieroor. Nee, ek is nie trots hieroor nie, in teendeel. Die vidio wat ek hierby insluit is ‘n absolute moet kyk vir elke geskeide persoon, elkeen wat weer getrou het,elkeen wat iemand ken wat daardeur gaan en elkeen wat mense bepraat wat deur egskeiding is. Beraders, pastore en dominies kan regtig ook hieruit leer.
Wat meeste mense nie sal erken nie, is dat feitlik almal op een of ander stadium oorweeg om jou eens geliefde ander helfde, ‘n skop onder die jack te gee. Hetsy ligtelike oorweging of ernstig bedoel. In gesprekke het ek al gehoor;” ek was so kwaad vir hom/ haar ek skei sommer.” Net om dan te sê, nee al was ek so kwaad sal ek nooit skei nie. Asof dit die ultimate sonde is. Want kom ons wees eerlik, mense wat skei makeer mos iets!? Nê? Veral goeie gawe Christene beoordeel en veroordeel geskeides asof dit die grootste aardsonde is wat gepleeg kan word. Kom ek vertel jou vandag uit eie persoonlike ondervinding.
Niemand trou ooit met die gedagte dat jy gaan skei nie. Dis mos happily ever after! Jy glo julle is lief vir mekaar en bedoel vir mekaar. Julle glo dit gaan vir altyd wees. As daar probleme opduik werk jy dapper daardeur. Soms nie so dapper dalk eder in angs en bewing.Vra raad waar nodig of moontlik. Soms bly jy stil, vertel niemand. Want jy is skaam en seer. Omdat jy swaar genoeg kry en nie nog boonop veroordeeling ook kan hanteer nie, dra jy in stilte aan ‘n las, te groot om te dra. As dit ernstig raak en jy besef jy het hulp nodig, gaan sien jy beraders. Mens gee nie net op nie. Mens skei nie net sommer nie.
Hoe vertel jy vir mense dat jy ingeruil word vir ‘n jonger model? Of dat jy mishandel word? Dat jou menslikheid van jou gestroop word soos mens die blare van ‘n mieliestronk af trek? Hoe vertel jy dat alkohol misbruik jou wederhelfde verander en jou laat les opsê sonder dat jy hom blootstel en dinge erger maak? Hoe beskerm jy jou dogtertjies teen die verwerping, die skinder, die wreedheid van mense se praat? Hoe verduidelik jy dat tenspyte van jou eie gebreke en tekortkominge, jy regtig, regtig probeer met alles in jou. Hoe verduidelik jy dat as jy alles, alles gegee het en steeds faal, jy met geen ander keuse gelaat word as om weg te stap? Hoe verduideliking jy dat jy enige iets sal gee of probeer om dit te maak werk maar dat jy bietjie vir bietjie weg draai as die liggies in jou dogtertjies se ogies dowwer word. En jy alle moed verloor om heel, menswaardig of gelukkig saam met iemand te wees.
Hoe vertel jy mense dat jy vanuit jou eie onverwerkte sere van die verlede, nie altyd die regte antwoord het of altyd weet hoe om reg op te tree nie en sodoende ook bydrae tot ‘n groot fiasko?
Jy weet nie. Jy praat nie. Jy bly stil en jy vat die pakslae. Jy bid. Jy staan stadig maar seker moeisaam op, trek jouself bymekaar en gaan aan. Jy maak seker jou kiddies is oky. Word heel en gebalanseerde grootmense sovêr dit in jou vermoë is. Jy vat wat mense uitdeel, beskerm jou krose en werk aan jou genesing. Miskien dan, eendag kan jy regop staan, kop omhoog en sê ek is weer heel. Alles het ten goede mee gewerk.
Watch “The Sermon on the Mount: Murder, Adultery, Divorce” on YouTube
Bondels daai man moet mens maar soos oggendkoffie daagliks luister. Jou woorde is wys en waar. Daai vingers wat so wys as die ‘geskei’ in gesprek invleg….
LikeLiked by 1 person
Dankie Vuurtjie. Ja ek geniet sy teachings. Mens leer baie. Hy is ‘n gekwalifiseerde kliniese sielkundige en geestelike berader asook prediker. Hy het deeglike opleiding in al die historiese agtergrond van die Bybel. Hy kan met outoriteid praat oor goed waaroor ek net kan wonder…
LikeLike
Dis omtrent ‘n skattejag al die dinge wat hy perspektief gee, soos die ashoop en geween, mens moet die goed ter harte neem.
LikeLiked by 1 person
Is dit nie amasing nie??!!! Nee kyk my bek val oop as hy die inligting so oop breek
LikeLike
Van oop bek gepraat, Chiam Bentorah laat my lyk of ek vlieë vang. Rots en Bab lag lekker as ek begin “Het julle geweet?” of “Hoor hier!”
LikeLiked by 1 person
Hoekom, is dit as jy probeer Hebrew uitlê😁
LikeLike
Net so, hulle noem my die Bybel biblioteek.
LikeLiked by 1 person
You go girl😁❣
LikeLike
I try. Dankie dat ek by jou kan leer.
LikeLiked by 1 person
Versigtig nou, ek leer ook nog…
LikeLike
Jy loop voor…
LikeLiked by 1 person
Baie goed verwoord, Bondels. Ek kan nie regtig saampraat oor die onderwerp nie, maar het tans ‘n vriendin wat hierdeur gaan en ek sien hoe aftakelend dit is.
LikeLiked by 1 person
Bytjie dit is soos wanneer iemand jou atm afruk en jou los om dood te bloei. Maar genadiglik is daar ” life after divorce ” en regte genesing.
LikeLiked by 1 person
Ek is nou betrokke by haar en weet nie regtig wat om vir haar te sê nie. Ek probeer maar net daar wees as ‘n oor wat luister. Hulle is amper 50 jaar getroud!
LikeLiked by 1 person
Dis al wat sy nodig het. Iemand wat luister sonder oordeel. Dalk kan jy die vidio link vir haar stuur. Dit hetmy baie gehelp
LikeLiked by 2 people
Ek sal so maak.
LikeLiked by 1 person
Jy is ‘n kosbare vriendin
LikeLiked by 1 person
Ek is jammer vir mense wat skei, want ons almal het grootoog voor die preekstoel gestaan om te belowe om vir altyd saam te wees. Ek kan egter verstaan dat daar dinge is wat dit onmoontlik maak om getroud te bly. Bid saam met jou, dit gaan jou goed doen om daaroor te skryf.
LikeLiked by 2 people
Ek dink mense op verskeie vlakke het nodig om dit te hoor
LikeLiked by 2 people
Dit is waar.
LikeLike
Dankie dat jy hieroor skryf. ❤️
LikeLiked by 2 people
Dankie dat jy kom lees💐
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die skrywe hiervan, is baie besonders gedoen,xx
LikeLiked by 1 person
Dankie💐
LikeLike
Liewe Bondels, ek het jou op wa geantwoord en as ek dit nou moet herhaal, gaan ek sekerlik begin tjank. Dalk gesels ons eendag in persoon hieroor.
LikeLiked by 1 person
Dit sal goed lekker wees om met jou daaroor te praat. Mense vermy altyd die onderwerp, maar ek dink dis tyd om te praat sodat mense beter insig kan kry
LikeLiked by 1 person
Ek dink so, want dis ‘n seer wat nie genees nie omdat dit altyd toegedek bly.
LikeLiked by 1 person
Dis hoekom ek begin praat het, sodat ander ook kan genees.
LikeLiked by 1 person