In ‘n vorige skrywe, daar in die begin van Lockdown, vertel ek hoe ‘n vriendin my uitgedaag het om ‘n WhatsApp Bybelstudie te begin. Sy noem dit grawe in ons “Pa” se sandput.  Wat begin het met net ons 2 het vinnig verander in 36 mense wat nou saam grawe en speel. Baie van hulle laat weet my hulle stuur dit vir baie ander uit. Dit laat my sidder. Elke oggend stuur ek ‘n kort stem boodskappie uit oor een teksvers, en kry dan terugvoering van almal wat iets wil bylas.

Ek wou nie ook ‘n stem boodkappie uitstuurder wees nie. Daar is so baie van dit wat reeds uitgaan. Ek is self besig om te leer, en voel nie geroepe om ander te leer nie. Dit het my geweldig laat stoei met myself en die Here. Meer as een maal het ek besluit, nou hou ek op! Steeds wil ek gereeld ophou. Dit voel vir my na ‘n geweldige verantwoordelikheid om mense iets te probeer leer. Toe praat iemand met my en ek onthou Vader se eie woorde aan my ‘n rukkie terug. “Wys hulle wie Ek is en hoe dit is om My kind te wees” Ek voel onbevoeg om Hom vir die wereld te wys. My begrip is te klein, my menslikheid te groot. My foute teveel. “Deel met hulle wat jy leer” Dis al. …..

Ek kan verseker wys hoe dit is om Sy kind te wees. Om Sy kind te wees beteken nie dat jy volmaak is nie, net dat jy vergewe is terwyl jy strewe daarna en werk daaraan om te verander meer na Sy karakter. Om jou eie ek prys te gee, jou eie wil, begeertes, keuses. “To die to self”, al wil self so bitter graag lewe. Om Sy kind te wees is juis om jou eie menslike swakheid en karakter te verstaan, erken en laat gaan terwyl jy dag na dag Sy grootheid en genade opslurp en oorgee aan Sy hand. Te weet hoe nodig jy Hom het. Nie as “drug of choice” of as “coping mechanism” nie, maar omdat jy uit ondervinding geleer het dat Hy waarlik lewe en waarlik God is maar ook jou Vader wil wees. Omdat jy die bewys van Sy bestaan in jou lewe sien, hoor, voel, proe, ervaar, elke dag van jou lewe. Omdat jy Sy stem hoor! Elke dag met Hom praat. In verhouding staan met Hom.

Vanoggend word ek wakker vir my gewone vroeg oggend tyd met Hom, voor die dag weg hol. Ek hoor duidelik iemand sê ;” Here het U my dan vergeet?” Ek weet dis nie my eie gedagtes nie en begin bid. Ek glo Vader wys my iemand skreeu daardie vraag uit. Die Sandput skat vanoggend is Jesaja 49 vers 15 : [and the Lord answered] Can a women forget her nursing child, that she should not have compassion on the son of her womb?  Yes, they may forget, yet I will not forget you! (Amplified Bybel) Die woord forget is in hebreeus ha-tish-kach (7911 Strongs) en word vertaal as : ever forget, forget and leave, cease to care, to mislay, to be oblivious of, from want of memory or attention, forget at all. Al sou almal jou of my vergeet, Hy sal nie! Never ever, nooit! Al voel dit so. Dis nie wie Hy is nie. Sela. (Calmly pause and think about it)

 Wat ‘n seen word dit vir my! Elke dag se soek, proe, eet, absorbeer. Vriendin se “kom leer my” word eder ek leer by hulle. Ek sien hoe hierdie sandput krappery my leer en raak, never mind iemand anders. Soms word ek begroet met ‘n tranerige stem boodskap vol emosie gelaai wat my week maak as ek daarna luister. My sandput grafie is oorlaai met dankbaarheid.