Bosvrou hou die geskeurde oranje en swart seilsak vas tussen haar twee hande. Die gewig vertel haar daar is nog heelwat goed binne in. Sy kan nie veel sien deur die gat nie. Sy bewe en haar asem kom hortend van ingehoue spanning. Die sonbesies se geskreeu pas by haar ore wat tuit asof hulle saam aan ’n musiekstuk werk. Sy lek oor haar lippe,trek haar rug reguit en blaas haar asem stadig uit. Tyd en plek vervaag om haar. Ek kan nie onthou wat pappa altyd in sy Oorlewings sak gepak het nie maar ek onthou hoe deeglik hy was. Hy het altyd alles ge-vacuum – pack sodat dit minder spasie opneem en ook waterdig is, sou dit in water land. Hy het ook altyd ‘n rek bo oor die inhoud vas gemaak sodat dit nie net sal rond val en skommel nie. Hopelik het alles behoue gebly. Ek is amper te bang om te kyk, dink sy. Hier in my hande lê moontlike hulp, die verskil tussen lewe en dood,of ten minste redding,maar ook nog ‘n stukkie van pappa. Sy sluk aan die knop in haar keel, dwing die paniek terug en gaan sit gekruisde bene op die grond, met die sak voor haar. Sy ignoreer die skeur by die plek waar die band uit geruk is en maak die ritssluier stadig oop. Die rek is in plek en sy hak dit los. Dan begin sy die plastiek pakkies een vir een uithaal en pak dit langs mekaar op die grond uit. Emosies dreig om die oorhand te kry terwyl sy die pakkies rangskik sonder om werklik in te neem wat sy sien. Die laaste pakkie is groter en sy moet altwee hande gebruik om dit uit te lig. Sy sit dit by die ander pakkies neer en begin dan met haar voorraad opname.

Sy hoef nie die plastiek af te haal of oop te skeur om te sien wat binne in is nie. Die grootste een is ‘n lig’gewig slaapsak. Vanaand slaap ek lekker, dink sy terwyl trane van dankbaarheid oor haar wange begin rol. ‘n Slaapsak! Dankie pappa! Hier is die spaceblanket. Lig maar baie warm. Sy sit albei terug in die sak en begin dan een na die ander pakkie optel, bekyk en dan weer terug sit. Waterdigte seil, 3 glo-sticks in ‘n pakkie, vuurmaak goed, kompas, water reinigings tablette en waterpoach, hakspelde en duck tape, signal mirror, opgevoude swart sakke met 3 flairs en ‘n fluitjie bo op en ‘n opvou saag. ‘n Kettie!! Die 2 Spot trace Gen 3 ‘s saam met ‘n flits , ook verseel laat die trane opnuut vloei. Saam met die emosies staan hoop op in haar, sommer reusagtig groot. Met elke pakkie wat sy soos ‘n kosbare skat optel, bekyk en weer terug pak voel sy haar pa se hand oor haar. Sy drink eers dorstig water en maak haar oë vir ‘n wyle toe. Pappa, hoe het jy geweet wat om te pak? Het jy geweet ek gaan dit nodig kry? Pappa, hoe sê ek dankie dat jy my weer red, al is jy nie meer by my nie. Sy sit nog ‘n rukkie so, verlore in haar eie klein gedagte wereld voor sy die res van die pakkies bekyk. Die eerste een is een van die plastiek houers wat so opvou en daarmee saam ook ‘n 1 liter houer waarmee mens kan water kook met sy beker. Sy laat haar oë oor die res van die pakkies gaan. Kosgoed, sowaar! Daar is tee! En grondboontjie’botter in klein sakkies! Kits sop, kits oats, begin sy hardop uitroep soos wat sy die pakkies bymekaar bondel en dan holderstebolder in die sak terug druk. Die snikke verander in ‘n borrelende lag wat soos nuwe lewe haar optel en vlerke gee. Ek kan by die kamp behoorlik gaan kyk! Dan steek sy vas,sit ‘n oomblik doodstil. Wag bietjie. Die battery…

Sy lig die sak effens op, kyk onder dit. Sy gaan sit op haar hurke en kyk skerp om haar rond. Daar moet nog wees en die pakkie is ook weg. Seker met die slag wat die sak se band afgeruk of uit geskeur is. Sy draai stadig op haar hurke in die rondte terwyl sy onder die takke deur loer. Dan gewaar sy nog ‘n battery en as sy opstaan en nader gaan sien sy plastiek onder ‘n hopie blare uitsteek. Die pakkie is geskeur. Binne in is twee klein batterye met rekkies aan mekaar vas gemaak asook twee klein,ronde, plat batterye, ook met rekkies vas gemaak. Sy vee die blare heen en weer om te sien of daar nie nog batterye rond lê nie. Tevrede dat sy alles opgetel het, staan sy op.Vier gewone batterye en twee plattes. Weer laat gaan sy haar oë oor die terrein. Kan hier nog iets vir my weg kruip? Behalwe gediertes voeg sy by en grinnik. Haar gemoed is bietjie ligter en sy skop speels na ‘n droë tak wat op die grond lê. Sy swaai die sak oor haar skouer en begin terug stap paadjie toe. Dis tyd om van hierdie tee te probeer en behoorlik te loer watse kos daar nog is. Dan sal ek die pakkies uitpak en oopmaak, dalk is daar nog iewers ‘n versteekde skat.Haar gedagtes dwaal na die kos terwyl sy haastig in die paadjie af stap. Sy loop haar eie kamp alarm in sy kanon in maar is nie veel gepla nie. Sy storm die kamp binne, reguit vuur toe. Sy krap ouder gewoone die louwarm kole nader en pak fyn droe takkies op. Sy blaas en blaas tot die vlammetjie opspring en dan pak sy groter hout op. Daarna maak sy die sak oop, haal die pakkies holderste bolder uit totdat sy die houer herken waarin mens water kan kook. Sy skeur die plastiek oop en haal dan die houer en beker uit mekaar. Sy neem haar waterbottel en spoel die houer uit met die laaste bietjie water daarin. Dan stap sy vaatjie toe en gaan skep water, stap terug vuur toe en sit dit versigtig bo op haar kookplek tussen die vlamme. Sy kyk tussen die plastiek pakkies tot sy die tee vind, haal ‘n sakkie uit en sit dit in die beker. Tee! Regte egte tee! Hoe gelukkig kan ‘n bosvrou wees sê sy hardop. Sy hoor die apies se geskarrel in die bome en herhinner haarself dat sy die goed mooi sal moet weg bere. Dan kyk sy op na die apies, ek het kos apies! Mens kos, nie boskos! Kos wat my pa self gepak het, apies! En nee, julle kan dit nie kry nie!Die apies kyk verwonderd na Bosvrou. Sy giggel maar dit verander in ‘n snik as sy haar pa se beeld voor haar oproep. Dan vee sy ‘n lastige trane weg terwyl sy die ander pakkies kosgoed uitpak om te sien wat daar is vir saam met ete.