
Ek en die manne klim gister oggend vroeg in Kameel die trok op ons eie ekspidisie. Ons het hout nodig vir die groot vuur wat ons moet maak om die rou horings te kook in ons enorme konka. Daar onder die fabriek in die bosse waar die Bosvrou gedagte begin het. Oral op die plot lê stompe van omgevalle bome wat ons op Kameel gaan laai. Ek lief dit as ek , die manne en Kameel spesiale takies kan aanpak. Ons ry eers rondom die plot om sommer ook net te kyk na die lyndrade en so.
Watse lyn drade?!!! Waar is die lyndrade?? Almal gesteel. Weg. Gone. Waar is die omgevalle boomstompe? Weg!Gone! Waar is die lewendige bome? Weg! Gesteel! My hart ruk en my mond val oop van die brutale stroping wat ek sien. Orals is die lyndrade, paal en al gestroop, weg gedra en is daar paadjies geloop in en uit die plot.
Nie net is daar geen drade of paal , nie net is daar paadjies in geloop nie, die plot is gestroop van bome. Omgevalle bome en sommer lewendige bome! Groot areas is dit kaal soos wat bome afgesaag en weg gedra is. Weg. Niks.
Emosies wissel af hier binne my. Ek wil kwaad word, ek wil ten hemele skreeu. Maar ek weet nie vir wie ek moet kwaad wees nie. Die stropers? Hulle wat swaar kry en hout moes hê vir oorlewing deur die koue winter? Of moet ek kwaad wees dat hulle nie weet dat as hulle al die bome so stroop, die aarde armer word aan suurstof? Of moet ek kwaad word vir die (ons) wat hulle dit nooit geleer het of gelyke geleenthede gegun het nie?
Terwyl ek en Kameel al skommellend die pad af beur met omgekrapte emosies en die manne vasklou, probeer ek vasklou aan hoop vir beter, vir antwoorde, vir oplossings, vir verstaan.
Onwillekeurig gaan my gedagtes na die vroue wat in Polokwane so vermoor is. Diefstal van lewe. Van menswees. Ek sit langs Judy se siekbed en sien haar geveg met dood. Ek sien die aftakeling en stroping van haar liggaam. Diefstal. My gedagtes loop kronkelpaaie na allerhande soorte diefstal. Sommige ernstig soos hierbo, menselewens. Goed wat mens nie altyd weet hoe om te keer. Maar ook gaan loer my gedagtes by diefstal wat onnodig was en verhinder kon geword het. Soos onnodige twis wat mense aanhits en veroorsaak dat skeurings plaasvind. Kinderagtige twak net omdat mense nie hulle sin kry nie.
Ek besef diefstal kan soms verhoed word en soms nie. Ek besef ek het ‘n keuse hoe hierdie goed my gaan affekteer. Gaan ek diefstal van my emosies toelaat? Nee! Ek onthou hoe ek jare lank gevangene was van ‘n ander se kwaad. En hoe kwaad my lewe oorheers het. En ek onthou die oomblik toe ek gekies het om nie meer en nie weer gevangene van kwaad wees te wees nie. Om nie diefstal van my genesing en vredevolle emosies toe te laat nie. Ek onthou dat ek keuses moes maak en elke dag steeds moet maak om nie weer gevangene te word nie. Ek onthou dat ek keuses het wat ek moet en mag uitvoer, terwille van selfbehoud.Wat ek kan en mag beheer, sal ek, moet ek. Wat ek nie kan verander nie, sal ek geen meer mag gee om verder te steel nie. Sovêr as wat dit in my mag is.
Nadat ek uit my tronk ontsnap het moes ek leer boundaries optrek. Ek moes nuwe hoekpale, diep in die gesonde grond van my lewe inplant en deeglik vas stamp. Ek moes nuwe draad stewig en styf vastrek om lewe- en vredediewe uit te hou. Ek moes by my blinknuwe hek twee bordjies diep inkap en helder verf. Die een lees : ” Toegang verbode vir kwaad, manipilasie en diefstal” en die ander lees “Goedheid, guns, vrede en vriende hartlik welkom!”
Elke mens wat voor my hek staan moet self kies.
Sela…
Jy skryf oor die dinge wat gister my een hoekpaal skuins geslaan en drade laat slaplê het. Dankie dat jy my help om reg te maak. Dankie dat jy jou reise en lesse en wysheid so mooi neerpen, Bondels.
LikeLiked by 1 person
Ai my maat, soms is gaan lê makliker as opstaan. Maar saam saam sal ons opkom en die wenstreep haal…
LikeLike
😇
LikeLiked by 1 person
Diefstal van ‘n mens se tyd, energie en vrede is wat jou die hardste tref. Dis wanneer ek hierdie soort diewe teëkom wat ek in ‘n japtrap mure om my oprig.
LikeLiked by 1 person
Janee dis nodig Hester. Mens moet onderskeiding hê wanneer om te keer
LikeLiked by 1 person
Pragtige skrywe, wat spreek van diep wysheid.
LikeLiked by 1 person
Dankie Bytjie
LikeLiked by 1 person
Die hartseer is dat mense nie mekaar verstaan nie. Nie mekaar se harte hoor nie. Weerskante toe. ❤️
LikeLiked by 1 person
Ja almal glo hulle is reg en die ander een verkeerd. Instede dat almal mekaar se waarhede embrace en ‘n middeweg vind. Hoekom as een reg is, die ander een verkeerd moet wees? Kan altwee nie reg wees en waarheid in homself dra nie?
LikeLiked by 1 person
Want soms gaan ’n stryery nie regtig oor dit waaroor gestry word nie. Dit gaan oor baie meer. Oor persoonlike pyn. Oor bagasie wat ELKEEN saamdra. Oor die Hoe wat dit gebeur. Dit gaan dalk glad nie oor die persoon nie sy sin kry nie, maar dat hy dalk sien hoe sy maats seerkry en daarop reageer. Dat daardie iets in ‘n deurmekaarwêreld dalk die enigste kans tot ontvlugting was. Soms sê ‘n persoon jammer, maar wil steeds vinger wys en nie selfondersoek doen nie. Soms wil ‘n persoon nie die hand van vergifnis wat na hom uitgereik word, vat nie. Soms is daar dalk net ‘n gewone ‘ek is jammer’ nodig. So baie faktore. Dis so hartseer, maar waar.
LikeLiked by 1 person
Jip dis waar, mag ons dan maar elkeen eder ons self stroop voor Vader en verantwoordelikheid aanvaar vir ons eie lewe en keuses sodat ons gesond kan word in ons self. Dit is die journey wat ek loop weetende dat ek nie ander kan of wil judge nie
LikeLiked by 1 person
Die dief kom in die nag as mens dit die minste verwag. Net so steel hy ook aan ons verhoudings..wanneer dit die minste verwag word…
LikeLiked by 1 person
Mens kan kies of jy dit toelaat of nie
LikeLike
Probeer slaap maar kannie. Lees nou eers hier. Groot stuk waarheid wat jy hier praat Bondels. Ek wil in vrede leef… soek nie dat dit gesteel word nie. Daarom moet ek wakker loop…. want die dief slaap nooit.
LikeLike