Vandag was ‘n lang dag wat te kort was, en te lank – ja ek weet. Net party mense sal daai een verstaan. Lang dag want dit was ‘n moeilike dag. Te kort want ek kon nie alles klaar kry. Te lank, want toe kon baie goeters skeef loop. As vandag my eksamen was, het ek in my kanon in gepluk. Elke liewe slag. As ek die dag moet meet aan alles wat verkeerd geloop het, was dit ‘n redelike goor dag. Maar….

Toe ek vir die honderd en hoeveelste keer my swakheid belei, val en weer opstaan- glimlag die kleinste fynste feetjie-agtige blommetjie vir my. Die eerste een van die klein stiggie wat ek voor die winter geplant het. Die een wat ek met geweld teen die hoenders, ryp en winterkou moes beskerm. Die een wat moes vrek, die een wat met mening bly lewe het om nou vir my in sagte pienk te glimlag.

En ek besluit opslag ek gaan eder op dit wat reg was vandag fokus, toe word dit ‘n goeie dag. En ek begin dankie sê…

1) ek het wakker geword vanoggend

2)ek kon opstaan

3)ek (en almal wat ek lief het) was veilig deur die nag

4) my huisie

5)’n gesonde liggaam, dat my oë, ore, mond, brein en alles in of aan my lyf werk

6) dankie vir ‘n warm stort, seep, shampoo en snoesige handdoek

7) dankie dat Eiskom my ‘n beurt gee

8) dankie vir klere

9) en kos en drinkgoed

10) en werk

11) en die son wat skyn

12) en my Bybel en dat ek kan en mag bid en ‘n antwoord kan hoor

13) voëltjies wat vir my sing

14) honde wat bly is omdat ek daar is

16) kosbare mense, familie en vriende

17)vergifnis

18)motor wat kan ry

19) brandstof

20)piepklein blommetjies

21) dat moeilike dae ook einde kry

22) dat ek more weer kan probeer…