Piepklein blommetjies spesiaal deur ‘n Meesterhand geplant. Net vir my. Daar waar net ek dit sou raak sien.
Is dit deur die wind, voël of kruid? Wat maak dit saak vanwaar of hoe, wat ek weet is dit is goed! Ragfyn en volmaak, klokkie geel en skaam skaam pienk. Dit het spesiaal net vir my gewink terwyl dit saggies op die windjie wieg.
Is dit al, vra jy my!? Nee, by vêrre nie!! Die dag vol detail mooi, soos druppels op ‘n draad gegooi! Hul klou eers vas en wanneer gereed, laat dit los uitbundig, bly, oorgegee! Want hul weet al val dit plat, sal dit die aarde benat en goed sal daaruit voortkom!
Terwyl besprinkeling sjoes sjoes sjoes die ritme tik, spring druppels op my kaalvoete en bring die moeg tot rus. Toe ek aansit om te eet, bring Magriet ‘n Rooisysie om saam te vreet. Gelukkig kon ek betyds keer, katjie doen dit nooit ooit weer!
In die laaste strale van die dag, sit ek op my stoep en wag. Toe begin die lug verkleur en bring daarmee saam ‘n soete geur! So saam met die voëls wat vir oulaas groet, sing my hart, dit is alles goed!
Mooi, mooi en seën oral as oë wyd kyk, soos jy kyk.
LikeLiked by 1 person
💐🥰
LikeLike
Ek is bly dat jy so tevrede voel.
LikeLiked by 1 person
Dankie Anne dit was ‘n rowwe week maar ek moes terug fokus op die mooi van die dag anders maak mens dit nie
LikeLiked by 1 person
😄 “die klein dingetjies wat saak maak” het ek en my seun jare gelede hierdie klein vreugdes gedoop. Dis mooi!
LikeLiked by 1 person
Ja ek kan nie daarsonder nie Hester. Dis hierdie klein goedjies wat my kop stil maak en my hart se ritme herstel. Bly jy kan dit ook doen
LikeLiked by 1 person
Mooi
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike