Vandag 15 jaar gelede, omtrent die tyd hoor ek hoe die groep verpleegsters agter die toe deur sing. Ek staan op uit die opvou stoel wat ek net buite my pa se hospitaal kamer staan gemaak het in die klein ingangs portaal. Tot groot ergenis van al die personeel, moet ek by sê.

Ek wou by hom bly. Ek het gedeurnag met my Bybel op my skoot. Biddend. Ek het my ore doof gehou vir die personeel wat my wou weg hê. Dat hulle my nie laat verwyder het nie is ‘n wonder. Iewers in die vroeë oggend ure hoor ek die Vader sê “Pave the road, sing!” En ek begin sing al verstaan ek nie mooi wat dit beteken nie. Wat ek wel weet is dat pa lief is vir sing en ons het die weke vooraf baie in die tuin gesit en saam sing. Miskien moet pa my hoor sing, het ek gedink en toe sing ek met oorgawe.

Nou, paar uur later, sing die verpleegsters ook. Ek staan nader aan die deur en luister na hoe hulle sing. Wanneer hulle klaar is kom die dokter uit en kyk my moeg aan. Hy vee oor sy oë en vra;
” waar is jou ma?”
“By die huis,” antwoord ek “hoekom vra jy?”
“Ek moet met haar praat”
“Praat met my, ek is hier”. Hy wil eers nie maar ek hou vol.
Ek was nie voorbereid op sy antwoord en het aanvanklik nie verstaan. 
“Jou pa se hart kon die skok nie absorbeer nie. Sy hart was te swak” hy bly stil en kyk na my met groot moeë oë.
“Wat beteken dit, moet julle nog ‘n masjien opkoppel, weer opereer?”
“Nee, ek is jammer. Ons kon niks meer vir hom doen nie. Hy is weg” hy bly stil na my kyk terwyl ek sukkel om die woorde te absorbeer. Wat binne my gebeur kan ek vir geen mens verduidelik. My ore tuit en  weier om die boodskap vredevol oor te dra, my kop weier om die boodskap te verstaan en my ledemate weier om sin te maak van wat ek hoor. Niks werk soos dit moet nie. Alles begin bewe en pyn en ek voel ongelooflik verward en alleen.
Kan ek na hom toe gaan?
Ja antwoord hy en ek vlieg om, pluk die deur oop en storm na pa toe.
Dit lyk of hy slaap. Die pype is nog in sy mond en neus. Die een masjien piep piep nog en ‘n grafiek beweeg dof oor die skerm. Ek vlieg om terug dokter toe.
Jy is verkeerd, hy lewe nog, kom kyk die masjien beweeg. Help hom! Skreeu ek vir die dokter.
Sy oë lyk vir ‘n oomblik verward en hy staan op.
Kom!!! Skreeu ek weer en storm terug in die kamer in.
Dr kom staan langs my en sê; ek is jammer. Hy is regtig weg.
Nee! Hou ek vol, kyk die masjien!
Dr sug en antwoord dan ” dit is die druk van sy liggaam wat die laaste lug uit pers.  Ek is jammer, hy is regtig dood” hy draai om en loop stadig by die deur uit. Ek is lus en gryp die dokter aan sy krag terug en moker hom met al my krag.
Ek draai verslae na pa. Dit kan mos nie wees nie. Hier lê hy maar hy is nie hier nie?! Ek sit my hand op sy bors. Pappa? Dit kan nie wees nie. My pappa. Dood. Nee! Ja maar neeeee!
Ek weet nie wat om te doen nie. Ek sit my hande weerskante van sy gesig. Pappa! Ek druk my kop teen syne. Pappa!
My oë gaan oor hom en ek sien sy hand. Hy het sulke mooi hande en sy naels is altyd so netjies. Ek tel sy hand op, dit voel vreemd swaar. Ek druk dit teen my wang, voel hoe die fyn haartjies op sy hand my wang kielie.
Ek soen sy hand. Weer en weer en weer. Ek wil hom nie laat gaan nie.
Dan besef ek dat ek my ma en my broers en susters moet laat weet. My hele lyf begin bewe. Ek weet nie hoe doen mens dit nie. Wat sê ek? Wie bel ek eerste? Mamma? Nee, sy kan nie alleen wees as ek die nuus oordra nie, dan eder my sus wat by haar is. Of een van die boeties, of swaerie? My kop wil nie reg werk nie en die storm in my wil my oorweldig. Ek weet skielik glad nie hoe my foon werk nie. Ek begin paniekerig raak. Die trane stoei om uit te kom maar ek druk dit terug. Nee, ek moet eers bel!! Maar wie? Wat sê ek? Ek kry uit eindelik die foon uit gefigure en druk mamma se nommer.  Dit gaan oor op voicemail.  Ek bel sus, dieselfde.  Ek bel swaerie, dieselfde. Ek probeer verskeie nommers, iemand moet antwoord. Niemand antwoord. Nou huil ek dat die noenies loop. Ek snuif hard ek skreeu kliphard; Vader help my! Dan hoor ek iemand antwoord “Sus?” Ek huil, my woorde wil nie kom nie. Ek weet nie wie het geantwoord nie, my ore tuit alweer.
“sus?” My huil is hard en lelik. “Sus? Moet ons hospitaal toe kom?Is dit verby?” Ek snuif hard “ja, kan iemand asseblief vir mamma gaan sê?”