
Dit was ‘n bordjie soos hierdie wat my hart getref het soos ‘n weerlig in ‘n donderstorm. Het jy al gesien hoe ‘n weerlig ‘n boom kan oopkloof? Dis hoe dit my getref het. Ek moes my trots en hoogmoed weg gooi en stof toe gaan.Dit was in die jare negentigs toe ek sendeling was in Sekhukuneland. Eintlik, kort nadat ek daar aan gekom het. Die vroue in die omgewing het gehoor van die wit vrou wat tussen hulle kom bly het. In die beesmis en modder hut. Met gaatjies in die dak sodat sy die sterre kon sien. Die witvrou wat self was en skrop en soos hulle water dra en ook kaalvoet loop. Van heinde en verre het vroue aangeloop gekom op hulle dik geëelte stof voete om my te kom verwelkom. Sommiges het tot 30km ver geloop. Elkeen met ‘n geskenk. Niks uit Wallmart of Mr Price Homes. Een het haar beste teelepel blink gevryf en met trots vir my gegee. ‘n Ander het so bordjie vir my gegee. Goed gebruikde bordjie wat sy deeglik gewas het in haar plastiese skotteltjie wat al plek plek sulke bubbels maak van jare se gebruik. Deeglik afgedroog terwyl sy met Modiemo praat oor die wit vrou. “Ag Here, dankie dat U die wit vrou vir ons gestuur het om bietjie te kom help. Pas tog die wit vrou op, asseblief Here!” Sy kreun met elke tree wat sy gee maar stap moet sy stap. Want hierdie wit vrou moet weet hoe welkom sy is. Hierdie wit vrou het meer by hulle geleer as wat sy hulle ooit kon leer. Nederigheid, dankbaarheid, diep opregte, onvervalsde liefde.
Drie vroue ry vandag saam in een kar. Vir 2ure aaneen. Drie baie sterk vroue. Twee wat baie daarvan hou om hulle sin te kry. Altwee weet wat hulle wil he en maak seker hulle kry dit. Albei wil in beheer wees en ander graag laat verstaan hulle weet alles en beter en eerste. Die derde haat dit om gemanupileer en beheer te word en skop haar hakke diep in die grond in sodra sy by sulke mense is. Trek ‘n dik dik jas van beskerming aan. Dit belowe om ‘n interressante trippie te wees. Ja, ek weet. Dit het niks uit te waai met die eerste paragraaf nie. Maar aan die lig van die eerste paragraaf, is die tweede een so lekker geleentheid om weer stof toe te gaan. Skuur maar Here, skuur. Miskien kan ek ook eendag met dik geeelte stof voete by U kom met my blinkste bord.
Die jaar het vir my weg gehardloop. Vroeg al. Miskien die 1ste Januarie al. April. Dis klaar April. In 4 maande se tyd het daar meer goed gebeur as in ‘n hele jaar op ‘n ander tyd. Dood. Nuwe lewe. Goed. Minder goed. En tog, was alles goed. Traumas, vreugdes. Voel en wens om nie te voel. Rek en strek. Leer en toetse skryf. Buig. Laag. Opstaan, afstof, aangaan. Gee en gee en aangee. En ontvang. Kry, o hoe baie het ek nie gekry!!!! En deur dit alles, diep binne my ‘n borrel wat ongehinderd bly op borrel. Dankbaarheid. In ‘n vaste wete dat wat in my begin is, klaar gemaak sal word tot op die laaste dag.
Een van jou treffendste skrywes ooit! Bly dit gaan goed met jou ❤
LikeLiked by 1 person
Baie dankie tannie. Ek is diep dankbaar oor hierdie seisoen. Hoop dit gaan goed met tannie⚘🥰
LikeLiked by 1 person
Pragtig geskryf!!
LikeLiked by 1 person
Dankie Bytjie
LikeLiked by 1 person
Ek hou van jou Bondels, en jou skrywes is die woorde van ‘n deurwinterde vrou.
LikeLiked by 1 person
Dankie Liza, koue winters wat mooi geword het. Dankie vd inloer
LikeLike
Die besielende vertelling van die bordjie – dit laat ‘n mens stilstaan en dink.
LikeLiked by 1 person
Jy is reg. Mens verloor die behoefte om te besit en leer die eenvoudige waardeer
LikeLiked by 1 person
Mooi gesnoer.
LikeLike
Die wonderlike wete dat dit wat in jou begin is, voltooi sal raak oor tyd. Mooi.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie
LikeLike
Mooi hartstorie en so ‘n pragtige bord.
LikeLiked by 1 person
Dankie Daisy waardeer. Dankie vd inloer
LikeLike
Dit alles het my diep getref. Baie dankie dat jy dit gedeel het. Ek leer by jou.
LikeLiked by 1 person
Dankie Sandra, waardeer jou inloer
LikeLike
Ag liewe bondels, hoe wens ek nou om by jou te kan sit en net my hart uit te praat. Jy bemoedig my nou ook sommer om dankbaar te wees vir alles wat gebeur. Binne my is ek baie deurmekaar en onrustig. Jy het nou weer gewys op dat daar tog meer mooi en goed is as net al die swaar dra aan als waaraan mens so graag aan wil klou. Jy het beide paragraphs baie mooi uitgebeeld. Mooi bly en hope liefde.
LikeLiked by 1 person
Liefste Scrapy, jy het my whaysapp nommer. Stuur voicenote dan gesels ons. Ek is bly as dit jou bemoedig het
LikeLike
Dankie. OP oomblik is alles nog te deurmekaar met die trekkery. Weet nie of ek Arthur of Mather is nie.
LikeLiked by 1 person
Jy is spesiaal….
LikeLiked by 1 person
Dankie mater
LikeLike