
“Hierdie uitdaging, op aanbeveling van Lekkervurigeaffêre. Die inspirasievonk is enige woord wat met ’n “f” begin, maar tog net nie fokkit, fokkietog of enige ander f-bom nie.”
Foei. Die woordeboek se dis ‘n uitroep van medelye of spyt. Eintlik het ek gedink aan foeitog maar lees nou, ook in die woordeboek dit word Fooitog . Dit was wraggies die enigste woord waaraan ek kon dink wat met ‘n f begin. Foeitog oor die baba in my arms met die stekies in haar ooglid. Foeitog, askies, Fooitog vir die man met sy vodde kombers in die gietende reen. Fooitog vir dankbaarheid in sy ogies as hy ‘n aalmoesie ontvang.
Ek weet mens skryf voertsek met ‘n v. Maar ek persoonlik dink dit moes ‘n F gewees het. Soos in F…oertsek vir Covid wat al die reels gebring het. F..oertsek omdat baba van 8 weke oud elke keer eers moet toets vir Covid voor haar operasie. F..oertsek omdat die toets elke keer eers positief is en dieselfde dag is toets 2 negatief. F..oertsek oor al die geld in julle sakke van mense wat dit nie kan bekostig nie. F..oertsek! ! Sommer net F..oertsek. Dis sommer ‘n foefie.
Omdat ek eers in die woordeboek moes kyk of ek reg spel, sien ek toe sommer vir foendi raak. Dit pas by my want ek is nie ‘n foendie met woorde nie. Die uitgewer noem juis my boek was die moeilikste om te proeflees omdat ek my eie woorde maak. Miskien moet ek eerder woordeboeke begin lees, aangesien ek wil skryf. Haha. Dis nou ‘n foeterjasie, nog ‘n woord wat ek toe so per ongeluk raak sien. Miskien moet ek die woord behou, dit gly so fluweelagtig van my tong af. O koek, baba huil en ek moet gaan – dis nou ‘n foeterjasie!!!
Foeterjasie….ek laaik.
LikeLiked by 1 person
Dink dit kan ‘n gunsteling woord word
LikeLike
Kan my f-bom vervang🤭
LikeLike
Jaaaaa, haha
LikeLike
Jy hoef nie woordeboeke te lees nie, skryf net jou besondere gedagtes en dan laat jy dit aan die taalmense oor om te redigeer – onthou, hulle moet ook hulle brood kan verdien.
LikeLiked by 1 person
Ek is eintlik dankbaar hulle doen hulle werk behoorlik tannie. Waardeer tannie se inspraak
LikeLiked by 1 person
Klink my ek gebruik foei op die verkeerde manier!😉 My foei het niks met medelye of spyt te doen nie. Oulik geskryf, Bondels.
LikeLiked by 1 person
Dalk het ek foei aan die verkeerde kant beet😁
LikeLike
Foeterjasies, dis waarmee ek die afgelope tyd besig was en nou eers jou blog lees. Hierdie nat, koue foeterjasie wat ons deel van die land in sy greep gehad het, het ons behoorlik aan die draf gehou. Ek was jammer foei-jammer vir myself by tye. Ek hoop die kleinste se operasies en onnodige toetse breek nie jou spoed nie Bondels – dit is ‘n harde pad om te loop. Sterkte.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester, hierdie jaar het moeilik afgeskop maar hopelik is die ergste foeterjasies verby. Dankie vir jou omgee
LikeLiked by 1 person
😘
LikeLiked by 1 person