Mamma: gesê met liefde, vertroue en waardering sal altyd my hartsnare roer. Dit kan vir my gesê wees deur een van my kosbare krose, of ‘n klein kindjie met ogies vol vertroue en afwagting vir ‘n jong mamma. Dit is ewe mooi. Natuurlik my kleinkinders se liefdes naam vir my, Wouwa, is ook vir my baie baie spesiaal. Of Liam se “oema”, smelt my hart.

Jy is vergewe: woorde van bevryding en genesing. Ek moes dit al so baie sê en nog meer kere hoor. Wanneer ek aangejaag het, mense seer gemaak het of gesondig het. Om te weet ek is vergewe is om soveel dinge te laat gaan en vrede te kan ervaar. Dis woorde wat heel maak.

Good and faithful servant: Ek het altyd gedink, eendag vorentoe, is dit woorde wat ek die graagste sou wou hoor. Ek wou nog altyd my beste gee, die beste Joey wees wat ek kon. En ek wou so graag dat Hy net so trots op my moet wees. Tot ek in al my soeke en woeker,groei en ontdekke agter kom dat dit eintlik maar net prestasie bewustheid is. En ek dit laat gaan het om net te wees omdat ek lief het. En doen net omdat ek lief het en lief gehê is….

In Daniel 10 verskyn daar ‘n engel aan Daniel en twee keer in een hoofstuk sê die engel:” O, Daniel, you greatly beloved man…” Oe wow, hoe mooi is dit. Hierdie engel praat vanaf ‘n posisie van weet dis die waarheid. Iemand wat kennis het met inspraak in die Vader hart van God. Vir my, wat vir jare geglo het niemand kan my liefhe, is dit steeds iets wat my raak vat. Elke keer as iemand sê;” ek het jou lief”, raak ek sag in my gemoed. Dit is steeds iets wat ek soos ‘n gunsteling swietie in my mond rondrol tot alles op is. En dan kan ek nogsteeds aan die woorde proe, lank nadat dit gespreek is. My diepste binneste wese kry lekker. Toe ek dit gisteraand raak lees, was ek seker iemand het dit in my Bybel ingesneak. Ek het die Bybel al paar keer deur gelees maar kan nie onthou dat ek dit ooit raak gelees het nie. Terwyl ek hieroor ponder besef ek dat as ek moes kies, ek eerder hierdie woorde sou wou hoor, eendag as ek voor Allerliefste staan. Nie omdat ek dit nie nou weet nie, maar om Hom in lewende lywe te sien, in Sy oë te kyk en dit te hoor sal my tone laat vuisies maak van lekker kry. Maar hier, waar ek nou sit en tik, weet ek dat ek, greatly loved is. Ek weet. Dit is die wonderlikste, heel makende woorde of wete. Die eerste keer wat Hy dit vir my gesê het, was toe ek nog “unloveble” was, vasgevang in abuse. Toe kon ek dit nie glo nie al het ek hoe daarna gesmag. Vandag weet ek dit. Ek glo dit met oorgawe en diepe dankbaarheid. I am greatly loved. Deur ‘n wonderbare liefdevolle Vader maar ook deur ‘n magdom van mense. Ek het dit gesien en gehoor en myne gemaak. Ek het toegelaat dat die Een wat liefde is, my heel maak.

Vanoggend wil ek dit met jou deel. Jy, mensekind, jy…. Hierdie mooiste woorde is ook vir jou. Jy mensekind, you are greatly loved.