
Ek slaan my oë op na die berge en tuur lank uit oor die see…
Ek weet waar my hulp vandaan kom..

Van vroeg oggend tot laat saans, sien ek Sy skeppings krag. Hoe mooi Hy alles maak vir my. Ek kyk na die mooi, hier orals om my en drink dit diep diep in. Siels kos, maak my bene weer sterk. Ek vul my longe met Sy asem, Sy goedheid oorweldig my.
Orals waar ek sit en wag, weet ek, Hy is stil hier langsaan my. Geniet dit saam met my, beminde. Wag net, rustig saam met my.

Vir die see het Hy grense gestel, vir die voëls, berge en net so ook vir my. Om veilig in Sy genade te bly.
Ek slaan my oë op na die berge, ek tuur uit oor die see. Ek weet waar my hulp vandaan kom! My hulp is van Die Een, wat alles so mooi gemaak het. My hulp is van die Here, die Skepper van die hemel, die see, die aarde en alles wat so mooi gemaak is. Ja, ook vir my!!
Amen Bondels, ek loof saam!
LikeLiked by 1 person
Ek is bly jy loof
LikeLike
Jou fotos getuig van sielskos, Bondels.
LikeLiked by 1 person
Dit is Una, ek maak my onthou spens vol
LikeLike
Dis baie mooi. Ja, as mens oopoop kyk en luister, sal mens baie van Sy wonderwerke raaksien en positief in jouself wees. Daar is vele vreugde te vind.
LikeLiked by 1 person
Dis waar, dankie vir die inloer
LikeLiked by 1 person
Amen
LikeLiked by 1 person
Jou oog en siel is oop vir Hom..😋
LikeLiked by 1 person
Hy is die liefde van my lewe..
LikeLike
Ek ervaar God ook verskriklik meer in die natuur… goeie geselstyd met Hom.
LikeLiked by 1 person
Baie beslis. Hy is tasbaar, dankie vir die inloer
LikeLiked by 1 person