Foto geleen

In my vorige blogs het ek vertel van my twee weke by die see en daarmee saam my ongesteldheid. Ek wil die hele sage afsluit met hierdie blog. Nee, ek moet.

Die eintlike doel van my tyd by die see was ‘n opdrag wat ek ‘n ruk gelede gekry het. Dat ek moet gaan afsonder, weg van familie, vriende en die gemeente. Die logistieke in my kop was bietjie moeilik maar toe ek uit eindelik bykom, is alles beplan en land ek die elfde Mei in George. My broer het my opgelaai en Heroldtsbaai toe gevat. Aanvanklik het niemand geweet waar ek was, behalwe hy, my dogters en die eienaars van die woonstel. Min mense het geweet ek is weg. Die rede vir my geheimsinnigheid was bloot dat heelwat mense wat my ken ook terselfder tyd in die omgewing was en sou wou kuier. Alhoewel kuier vir my ook lekker sou wees, was my prentjie van wat ek dink sou en moes gebeur, heelwat anders en sou nie kuiers toelaat nie. Prentjie mens wat ek is, het ek geglo dit gaan raak raak aan Moses of Henog wat vir dae aaneen in die Here se teenwoordigheid was. En dan met blink gesigte en baie nuwe inligting terug gegaan het beskawing toe. Toegerus vir die taak wat hulle opgelê is. Presies wat ek nodig het. Honeymoon met Jesus. Wel, my prentjie was 100% verkeerd. Daar was geen wolk kolomme, geen shofar wat blaas, geen vuur vlamme, berge wat skud of blink gesigte nie. Geen stem wat sê:” so spreek die Here ….” nie. Om die waarheid te sê, my gesig was bietjie valer as gewoonlik en my eie stem skoonveld. Nope, niks hiervan nie.

Ek het meer boekegoed saam gevat as klere. Ek gaan mos nie eintlik rond beweeg nie ne? Pffffff. Gunsteling Bybel, naslaan boeke, aantekening boeke, penne, noem dit. My tas was baie swaar. Ek het somer dadelik dit op die tafeltjie in die sitkamer uitgesprei. Penneblikkie oop, verskillende kleure penne en potlode reg vir die heerlikheid van saam met Hom kuier, sekere goed onderstreep, uitlig, bewonder, op my tong rond rol, proe, uitrafel en so. Neffens dit, aanbiddings musiek. Reg vir elke moontlike Heilig oomblik wat moet gebeur. Elke sintuig was oorgehaal, slaggereed vir die heerlikheid wat wag. Tot op daai oomblik het ek nog nie eers voorsiening gemaak vir kos nie. Ek onthou vaagweg dat ek gedink het aangesien dit my eerste dag was, kan ek maar eers toegee aan die moegheid wat besig was om my soos ‘n golf te oorspoel. Dan is ek mos nou vars en op en wakker vir als wat kom. Toe nie. Ek dink saam met my oë wat toegaan het my brein afgeskakel, en net soos in die moewies as iemand uitpass en alles swart word. Sommer net daar op die bank in die heerlike sonnige vertrek. Aan die een kant was groot glas skuifdeure wat uitloop op die balkon en die majestieuse berg wat ek kon raaksien as my oge oopgaan. Aan die ander kant skuif vensters wat permanent oop gebly het sodat ek die see en voels kon hoor. Snags, die sterre sien.

Toe ek uit eindelik wakker word moes ek gaan kos kry. Sommer klaar gemaakde kosgoed by die kruidenierswinkel wat in alle dorpe is. Daai een op die hoek. Ek dink. Sop, slaaie, wraps en pasteie. En drinkgoed. Toe gaan sit ek in die motor by die strand. Ek sê aanmekaar dankie vir die mooi wat soos sielskos my binnekant volmaak, haal so diep as moontlik asem deur hoesbuie deur en sit tot dit voel of als begin blurr. Dan gaan val ek weer om op die bank en onthou om skies te sê omdat ek nog nie die hele Bybel gememoriseer het nie of nog ‘n skopkrag boodskap uitgewerk het nie. Om die waarheid te sê, kry ek skaars die Bybel vas gehou, wat nog gelees. Ek onthou toe ek die eerste keer in Israel was het die toerleier gesê:” Coffee in” of “Coffee out”. Dit word my patroon vir die eerste hoeveel dae. Ek val om op die bank, staan op vir coffee in/out, ry met die kar tot by die strand (mens kan soontoe stap maar ek kon nie). Sit solank as wat my lyf regop kan bly en tuur vir die berg, see of sterre terwyl ek coffee in. Val om op die bank. Praat tussen deur met Allerliefste. Broeder bel om seker te maak ek haal nog asem en ek mor dat ek niks doen van wat ek gedink het. Hy sê Allerslimste soek jou, nie jou werke. Ek hou sommer op hoes so skrik ek. Ek raak stil, tjoepstil.

Ek gaan lê stadig agter oor op die bank en voel hoe alles vervaag. “Rus my beminde” fluister Allerdierbaarste noudat my toe ore hoor. Ek voel hoe Sy arms my omvou toe die vrede saam met die rus my binne stroom. Hy gee vir Sy beminde in haar slaap. Ek slaap soos ek in jare nie geslaap het nie. Dag en nag. Veersagte soene val soos maanlig op my wang en liefde bedien my diep binneste. Na omtrent ses dae word die slaap minder. Sit ek langer regop, luister na die see, voëls of stilte. Soms hemelse musiek. Die see, son, berg, maan en sterre skep asemwegslaan oomblikke spesiaal vir my. Sons ondergang kleure deur ‘n meesterhand geskep. Geluide, kleure, geure wat geen mens kan namaak. Sterre wat verskiet, sommer drie kort na mekaar. Eiskom sorg vir piknag donker aande wat maak dat ek derduisende sterre kan sien. Ek gaan meer gereeld strand toe. Eers sit ek net voor die strand in die kar of op ‘n bankie voor die kar as dit warm genoeg is. Dis amper huis toe gaan tyd voor ek my voete diep in die sand kon druk. En ‘n dag voor huistoe gaan tyd wat ek op die rotse sit en water bietjies bietjies oor my voete laat spoel. Ek sou nog weke hier kon rond sit. In stilte. Ek het nog nie die Bybel opgeswot nie. Nog nie die berg sien skud of wolk kolom sien afsak nie. (Tel mis?) Maar daar is stilte en vrede wat orals met my saam gaan. Drome wat my geheimenisse vertel in die nag, ek bid myself soms wakker. Dan kyk ek weer na die sterre, luister nog vir die see en die paddas wat konsert hou. Alles wat my bekoor is hier by my.

Die laaste oggend gaan sit ek vir oulaas voor die see. Ek wil my onthou spens vol maak. Dankie sê woorde val in strome uit my binneste. Ek onthou weer om skies te sê dat ek nie…..

“Die Here is jou Herder, jy kom niks kort nie!” berispe Allergeduldigste. Ek voel ek moet my Bybel wat op my skoot is oop maak daar en kyk wat Hy vir my wil wys. Daar voor die groot waters wat dreun, wys Hy my. Hy is my Herder wat gesorg het dat ek oorvloed gehad het in hierdie tyd, van alles wat ek nodig gehad het. En meer. Hy het my gelei na waters waar rus is. Hy het my siel verkwik. Hy het my gelei deur die vallei van dood skaduwee sonder dat ek vrees want Hy was by my. Hy het my versorg en vertroos. My beker loop oor. Hy verseker my ek sal in Sy huis bly, tot in lente van dae.

Coffee out met skuld gevoelens en besig wees. Coffee in met my Herder wat my rus gee….