Roxy is baas se hond. Ek noem haar ouma. Sy is sieklik en baie oud.

Met baas hulle se trek het hulle besluit sy moet na liewe Jesus toe gaan.

Asof sy weet kom soek sy skuiling by my elke keer as ek gaan sit vir ‘n blaas kans. Ek vryf. Haar oë vra wat gaan hier aan. Ek sê hulle trek Ouma maar ek bly darem hier. Sy skuif nader aan my. Ek is lief vir jou Ouma, sê ek en druk haar.

Die bleri knop in my keel sukkel om af te gaan. Ouma weet iets gaan aan, maar sy weet nie wat more met haar gaan gebeur nie…

En sy verstaan nie toe ek vir haar vra, stuur liefde vir my pa.

Nee man demit, ek kan nie…