Sommige van julle weet ek bly op ‘n plaas waar ons sjofars maak. Rams horings is ‘n ander bekende woord daarvoor.Dit is nogal ‘n hele proses om te maak al besef mense dit nie. Ons koop rou horings aan en verwerk dit dan. Soms kom dit nog op die kopbeen hier aan…

Waterbok

Hier is ‘n paar rou koedoes, ‘n Eland, Waterbok en rooibok horing . Al hierdie het aangekom met die binne been nog aan die horing vas.Eers word dit van die skedel afgesny en gaan dan deur ‘n kook proses om die horing en been van mekaar te skei. Soms, soos in die foto met die verskeie horings, is dit nodig om dit met baie sterk chemiese (afrikaanse spelling?) produkte te behandel aan die binnekant voor die been loskom. Dit kan tot weke duur in sommige gevalle. Wanneer die been los is, word die horing behoorlik skoon gemaak.Daarna word daar ‘n stuk aan die nou kant afgesny om die monstuk te kan maak.

Peter began dan boor en vyl en skaaf en skuur tot die mondstuk perfek is. Dit word ook aanhoudend getoets om te hoor of sy klank goed is.

Hierna word aan die buitekant van die horing geskaaf, en geskuur, met verskillende soorte instrumente .

Laag vir laag van jare se stof en reen word verwyder en dan begin die natuurlike kleur van die horing na vore kom. Dit is wonderlik om elke horing te sien verander voor ons oë en selfs 2 horings wat van dieselfde bok af kom lyk nie identies nie.Sodra dit klaar geskuur is, begin dit gebuff en poleer word. Dit neem ure en ure in beslag tot sy beste kleure en karakter sigbaar raak. Dan word dit met ‘n beskermende lagie geverf, binne en buite.

En onderstebo gehang om goed droog te word

Ons het al ‘n redelike verskeidenheid sjofars.

A – Blesbok
B – Waterbuck
C – Eland
D – Impala /Rooibok
E – Merino (Jumbo, large, medium)
F – Gemsbok / Oryx
G – Small Kudu
H – Medium Kudu
I – Large Kudu

Kyk hoe lyk die waterbok (B op foto) nou teen die heel eerste foto..

My twee gunsteling dinge van om hier te werk is eerstens om te sien hoe elke persoon wat een kom haal of bestel, sy “match” vind. Die oë begin blink en hulle klou letterlik besitlik aan die sjofaar vas asof om te sê, los, dit is myne. Amper iets soos love at first sight.

Tweedens is amper elke persoon wat hier kom, “gestuur” deur Vader om bietjie bederf te word met gebed of Woord. Wat ‘n voorreg om te sien “when Heaven meets earth ” en een van Sy kinders het ‘n ontmoeting met Hom of kry ‘n antwoord op gebed…