Die Here praat met my op verskillende maniere. Deur Sy Woord, drome, visioene en mense. Selfs liedere en wat nog. Ek verstaan nie noodwendig altyd alles wat Hy vir my sê nie en soms moet ek regtig ondersoek in stel en ook ander mense raadpleeg. Dieper delf, langer wag en luister.

So gebeur dit ook ‘n paar weke gelede dat ek net voor opstaan tyd net een woord in ‘n visioen sien. Ek slaan woordeboeke en Bybel oop, bekyk die lexicon, kontak my intersessors en vra selfs mev Google. Al wat ek kry is dat daar ‘n gesprek was en dat “a decision has been reached”. Dis het iets te doen met scales….

Een plek lees ek van die weegskaal wat praat van geweeg en te lig bevind. Ek wonder opslag. Het ek alweer iewers droog gemaak? Tog ervaar ek niks negatief al verstaan ek nie. Een intersessor vra, is dit nie scales soos in skille voor mens se oë? Ek weet nie. Ek skryf dit neer en vra dat in Sy tyd, Hy die openbaring sal gee.

Gister neem ek my ma na haar oog operasie. ‘n Week gelede is haar eerste oog se katerak verwyder en is ‘n lens oorplanting gedoen. Gister is oog 2 gedoen. Om een of ander rede, neem gister baie langer. Ek sit heel dag en wag en ry moeg huis toe teen 5nm.

Ek maak gou kos vir ma,jongste en haar gesin en slaan moeg maar gelukkig op die bed neer nadat almal geëet het. Vandag was lank maar goed. Wonderlike gesprekke met onbekendes, en ma se oë uit gesorteer. Ma lê toe oog op die bed reg om te slaap. Nadat ek haar druppels in gegooi het en seker gemaak het sy is rustig, klim ek vroeg in die bed.

Vandag staan ek vroeg op en na my kuier tyd met Allerliefste, maak ons klaar en ry terug Oog instituut toe vir ma se opvolg besoek. Skaars begin ek ry of ek kom agter dat ek nie deur my bril kan sien nie. Ek loer oor my multivokaal bril en besef ek kan beter sien bo oor die bril raam. Ek haal my bril af met die gedagte dat ek dit sal moet skoon maak as ons arriveer by die dokter. Normaal weg kan ek nie bestuur sonder my bril nie. Terwyl ek vir ma wag, haal ek my lappie uit en maak die bril ordentlik skoon. Ek sit my bril weer op en loer in die gang af. Twee figure kom aangeloop maar ek kan net lig en donker sien. Asof daar ‘n vet lagie oor die bril lense is wat ek nie af kry nie. Ek kyk bo oor my bril raam. ‘n Blanke vrou en nie blanke man kom aan geloop. Ek sien hulle gesigte en die kleure wat hulle aan het. Ek haal my bril af. Ek sien alles om my so helder soos die daglig. Ek bêre my bril. Ek sal dit met seep moet was.

Na ma se ondersoek, neem ek haar na haar vriendin wat haar vir ‘n paar dae sal oppas. Ek het ‘n besige naweek voor my. In die kar, sit ek my bril weer op. Nee daar is beslis ‘n wolk. Alles is deinserig. Ek haal die bril af. Die son is bietjie skerp en ek sit ‘n donker bril op. Normaalweg, sit ek ‘n donkerbril bo oor my normale bril en ry ek dus met 2 brille op my neus. Ek kyk deur die bril en sien alles helder deur die donker bril asof ek steeds my normale bril op het.

Skielik herhinner Allerheiligste my aan die scales en ek begin wonder…. was die intersessor reg, was daardie woord oor skille van my oë? Ek haal die donker bril af en begin rondkyk. Ek kan sonder bril, die registrasie nommer van die kar voor my lees. Ek kyk gou na die pad tekens. Duidelik. Ek kyk na die lamppaal borde, ek kan elke woord lees. Tot die telefoon nommers. Vinnig sit ek my gewone multivokaal terug. Blurrrrrr. Haal af, sit donker bril op, ek kan alles lees. Ek begin uitbundig lag en sommer huil direk daarna. Ma skrik en vra wat gaan aan.

Ek begin wys na die teken en daai bord. Hierdie registrasie en daardie pad teken. En orals waar ek wys, lees ek vir haar alles. Net vir ” good measures”, sit ek multivokaal op maar haal weer dadelik af. Ek sien perfek sonder bril, ek huil en lag deur mekaar.

Toe ons stilhou toets ek my oë met my foon. Ek kan sien maar naby is nog blur. Vir naby lees moet ek bril op sit maar vir normaal kyk en vêr kyk, moet ek bril afhaal. Allerwonderlikste, drie enige, Heilig God, het skille van my oë af gehaal. Ek kan sien…. sonder bril.

Dis nou al ‘n paar ure later. Ek het dit op verskeie maniere getoets. Vir lees moet ek huidiglik nog my bril gebruik. Vir nou. Maar vir alles verder, moet ek bril af haal. Ek loof Hom wat wonders doen.

Terwyl ek keer op keer in lofprysing uitbars, onthou ek ‘n teaching oor ons “reward systems” waarin vertel is van ‘n onbeskryflike wonderwerk wat iemand beleef het en hoe God in daai oomblik vir hom sê:” wat jy nou net beleef het, is net second best”. Die heel beste “reward”, is God self. Nie wat jy by Hom kry nie, maar Hyself. En ek besef dat as ek so oorweldig is deur wat Hy vandag vir my gedoen het, hoeveel te meer wanneer ek Hom soek bo alles…..